Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel

                       

 

Manuskripbeoordeling

 

 

Het jy 'n gedig, kortverhaal, artikel of boek klaar geskryf en wil kommentaar daaroor hê of miskien 'n idee aan wie om dit te stuur vir publikasie? Of dalk wil jy net hê iemand met 'n onbetrokke kennersoog moet dit beoordeel voordat jy jou naam met 'n plank slaan deur dit aan 'n uitgewer of tydskrif te stuur as dit nog nie persklaar is nie.

Ons kan help.

Stuur jou gedig/kortverhaal/artikel/boekmanuskrip/nuusberig aan ons en teen 'n geringe fooi sal een van ons kenners in die spesifieke genre dit fynkam en 'n bondige verslag verskaf. Dié verslag sal onder meer kommentaar bevat oor die styl, standaard van manuskrip se versorging, voorleggingsfoute, tema en wenke oor hoe om die manuskrip persklaar te kry. Ons verskaf ook die name en kontakbesonderhede van 'n moontlike uitgewer of publikasie wat dalk in jou finale produk sal belangstel.

 

Koste:

          Nuusberig - R25-leesfooi elk

          Gedig - R60-leesfooi elk

          Artikel - R95-leesfooi elk

          Kortverhaal - R145-leesfooi elk

          Boekmanuskrip - R395-leesfooi elk

 

'n Administrasiefooi van 10% word op alle finale bedrae gehef.

Die toepaslike fooi is vooruit betaalbaar.

Hierdie diens sluit GEEN proeflees of redigering in nie; slegs die BEOORDELING van die manuskrip se potensiaal. Vir ons volledige proeflees- en redigeringsdiens, klik hier.

 

 

Klik hier om ons te kontak

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Kuberwinkel                    Terug

Sluit venster