Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk

                       

 

Vryskutnetwerk

 

 

• Soek jy bykomende werk en/of kliënte?

• Wil jy nie opgeskeep wees met die rompslomp van kontrakte en ooreenkomste nie?

 

Ons het die antwoord ... word deel van ons vryskutnetwerk.

Met die resessie wat reeds honderde joernaliste en skrywers in ‘n onbekende – en meestal onvriendelike – vryskutpoel laat beland het, het SA Vryskutskrywer ‘n diens begin om sy skrywersnetwerk uit te brei om skrywers vanuit alle uithoeke van Suid-Afrika en die res van die wêreld in te sluit. Die hoofdoel is om die skrywers in dié netwerk by te staan en selfs in sommige gevalle te help om werk te genereer - as ons kan.

 

Lidmaatskapsvoordele:

• Lede kry outomaties toegang tot ‘n gespreksgroep op die internet waar hulle met kollegas kan netwerk;

• Waar werk deur SA Vryskutskrywer geïn word, word beter betalingsfooie en -praktyke namens lede beding;

• Hulp met die opstelling van ‘n gepaste CV en/of portefeulje word aangebied indien die lid dit benodig om ‘n opdrag te verseker;

• Alle lede kry toegang tot die beste raad, bystand en hulpbronne beskikbaar;

• Kontrakte en/of ooreenkomste word namens lede opgestel indien 'n lid dit versoek en word deurentyd opgevolg om seker te maak lede word regverdig deur maatskappye behandel;

• Interaksie word namens die lede met ander professionele groepe in Suid-Afrika gedoen om die vryskutgemeenskap uit te brei.

• Lede wat nog nie 'n professionele webblad op die internet het nie, kan vir 'n eenmalige bedrag van R180 'n basiese webblad met 'n ontwerp van hulle keuse kry wat deur SA Vryskutskrywer gehuisves en onderhou word. Meer inligting hier ...

 

 

Wie kan by SA Vryskutskrywer se Vryskutnetwerk baat vind?

Professionele skrywers in enige genre, waaronder joernaliste, kreatiewe skrywers, webskrywers, niefiksieskrywers, digters, draaiboekskrywers, spookskrywers, kopieskrywers, toespraakskrywers, ens.

Vertalers

Redakteurs

Redigeerders

Proeflesers

Korporatiewe skrywers

Fotojoernaliste

 

Lidmaatskapsreëls

 

 

Klik hier om aansoek te doen vir insluiting by ons Vryskutnetwerk   

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Mediamekka                    Terug

Sluit venster