


Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutnetwerk - Persoonlike webblad
Lidmaatskap vir die Vryskutnetwerk is gratis en ons bied nou ook 'n persoonlike webbladopsie vir diegene wat nog nie 'n professionele teenwoordigheid op die internet het nie - iets wat deesdae bykans noodsaaklik geword het in die sterk mededingende bedryf van vryskutwerkers.
Wat jy kry:
-
'n Basiese webwerf, bestaande uit drie (3) blaaie [tuisblad, kontakblad en 'n bykomende blad wat as jou "uitstalvenster" kan dien].
-
Gratis huisvesting van jou webblad.
-
Gratis bywerking van jou webblad indien jy dit skriftelik versoek of in ander gevalle - twee keer per jaar.
-
'n Keuse tussen 'n hele paar verskillende webbladstyle.
-
Die finale besluit oor watter inligting op jou webblad sigbaar moet wees.
-
'n Professionele aanlynteenwoordigheid met 'n eie webadres wat jy in jou persoonlike en professionele korrespondensie kan gebruik.
-
'n Professionele webblad.
Wat jy moet doen:
-
Sluit GRATIS aan by ons Vryskutnetwerk. Klik hier vir lidmaatskapsreëls.
-
Vul onderstaande webbladbestelvorm in.
-
Verskaf jou foto's (verklein), kontakbesonderhede en ander inligting wat jy op die webblad wil sien.
-
Betaal jou eenmalige webbladfooi van R180.
-
Kies jou webbladstyl.
-
Toets jou webbladskakel.
-
Vertel al jou vriende, familie en kollegas van SA Vryskutskrywer en verwys almal na jou persoonlike tuisblad.
Waarvoor wag jy? Sluit sommer vandag nog by SA Vryskutskrywer se Vryskutnetwerk aan en bespreek jou persoonlike webblad vir slegs R180.



