


Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapkis - Ideesbank
Dis 'n feit van die lewe dat jy selde, indien ooit, iets van waarde kan kry sonder om daarvoor te moet betaal, nie waar nie?
Verkeerd.
Hier by SA Vryskutskrywer gee ons eintlik méér dinge gratis, verniet en mahala weg as wat ons verkoop en die Ideesbank is een van dié gratis plekke op ons webwerf waar jy storie-idees kan aflaai - sonder om 'n sent daarvoor te betaal.
Al wat jy benodig om van hierdie enig-in-sy-soort diens gebruik te maak, is die kodewoord wat jy as intekenaar van ons gratis nuusbrief ontvang het nadat jy op die nuusbrief ingeteken het.
Indien jy nie oor 'n kodewoord beskik nie, beteken dit bloot jy het nog nie op die nuusbrief ingeteken nie. Ons wil dus aanbeveel dat jy dit sommer dadelik hier gaan doen sodat jy ook kan deel in die idees wat ons so mildelik hier uitdeel.
As jy wel op die nuusbrief ingeteken het, maar nooit 'n kode ontvang het nie, stuur e-pos na admin@savryskutskrywer.co.za en ons stuur dadelik die kode aan jou.
Neem asseblief kennis dat die idees dalk nie almal heeltemal op datum is nie. Dit beteken die onus lê op jou om seker te maak die inligting, statistiek en feite wat in die idees weergegee word, is geldig wanneer jy jou storie daaroor skryf. Jy moet dus jou EIE navorsing doen, want ons verskaf net die basiese idee of wenk. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige feite wat nie deur die skrywer van ons idee gestaaf word nie.
Let ook daarop dat ons hierdie idees algeheel goedgunstiglik beskikbaar stel en géén waarborg gee dat hulle wel deur 'n publikasie aanvaar sal word nie. Die onus rus op jou as skrywer om die idees te ontwikkel tot 'n volwaardige storie en dit self te verkoop. Ons verskaf slegs die idee.
Om toegang tot die Ideesbank te verkry:

Tik die kode in wat jy saam met die
bevestiging van jou nuusbriefintekening ontvang het:



