


Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapkis - Hulpbronne
Hier by SA Vryskutskrywer word 'n groot gedeelte van die dag daaraan bestee om maniere te vind wat veral Afrikaanse vryskutskrywers se lewens kan vergemaklik. Alles wat ons aanbied is beproefde werkmetodes ... deur jare se ondervinding tot vervolmaaktheid gepoleer.
Hulpbron 1: Bemarkingsplan
-
Generiese bemarkingsplan wat op enige klein besigheid toegepas kan word
-
Riglyne: bemark jou besigheid gratis
-
Hoe om die media te betrek
-
Leer om te waag
Hulpbron 2: Vinnige en effektiewe navorsing
-
Gebruik die internet
-
Waak teen plagiaat
-
Soekenjingeheime
-
Speel speurder
-
Plaaslike kenners
-
Databasis van joernalistieke hulpbronne
Hulpbron 3: Kleinsake-/vryskutbeginnerspakkette
Jou besigheid is uiteindelik op die been en aan die gang en jy wil die boodskap uitkry sodat almal van jou kan weet. Al wat jy dus nou benodig is die regte gereedskap om jouself en jou besigheid in die mark te vestig. Hierdie pakket bied jou die basiese materiaal wat jou sal help om vinnig naam te maak. Hou asseblief in gedagte dat dit 'n selfhelp-pakket is om jou in staat te stel om self jou besigheid te bemark.
-
Pakket 1: Basiese kleinsake-/vryskut-beginnerspakket
Dié pakket bestaan uit:
-
'n konsultasie om vas te stel presies wat jy benodig;
-
'n logo wat jou besigheid sal laat uitstaan; en
-
'n volledige bemarkingsplan wat spesifiek vir jou uitgewerk is volgens die inligting wat tydens die konsultasie ingewin is.
-
Pakket 2: Omvattende kleinsake-/vryskut-beginnerspakket
Dié pakket bestaan uit:
-
'n konsultasie om vas te stel presies wat jy benodig;
-
'n logo wat jou besigheid sal laat uitstaan;
-
'n briefhoof (Word- en pdf-dokumente);
-
250 visitekaartjies met jou besigheid se logo; en
-
'n volledige bemarkingsplan wat spesifiek vir jou uitgewerk is volgens die inligting wat tydens die konsultasie ingewin is.
-
Pakket 3: Elite kleinsake-/vryskut-beginnerspakket
Dié pakket bestaan uit:
-
'n konsultasie om vas te stel presies wat jy benodig;
-
'n logo wat jou besigheid sal laat uitstaan;
-
'n briefhoof (Word- en pdf-dokumente);
-
250 professionele visitekaartjies met jou besigheid se logo;
-
'n volledige bemarkingsplan wat spesifiek vir jou uitgewerk is volgens die inligting wat tydens die konsultasie ingewin is; en
-
'n basiese webtuiste wat uit drie (3) bladsye [tuisblad, kontakblad en produk- of diensblad, maar geen webhuisvesting nie] bestaan.
- Pakket 4: Logo, briefhoof en visitekaartjies
-
'n logo wat jou besigheid sal laat uitstaan;
-
'n briefhoof (Microsoft Word- en pdf-dokumente);
-
250 professionele visitekaartjies wat volgens jou spesifikasies ontwerp word;
-
Gratis aflewering na enige plek in die land




