Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne
Vra 'n kenner
As vryskut is jy verantwoordelik vir ALLE aspekte van jou besigheid en soms is daar vrae waarop jy net nie 'n antwoord kan kry nie.
Dis met dié tipe vryskuttameletjies in gedagte dat ons verskeie kenners op hul gebiede genader het om indringende vrae te beantwoord en kwessies op te los.
As jy enige vrae of kwessies wat met die bedryf van jou vryskutbesigheid te make het, stuur gerus 'n boodskap om antwoorde te kry. Maak asseblief net seker dat jy jou vraag baie duidelik omskryf.
Hoe
beskerm 'n mens jou skryfwerk? Is daar 'n manier om
kopiereg op jou intellektuele eiendom af te dwing?
Rina
Gunter spesialiseer in immateriële goederereg. Dit
sluit onder andere in die beskerming van patente en
die skeppings van skrywers, asook modelle en
handelsmerke. Luister aanyn na hierdie
potgooi op
RSG
om meer oor jou regte as skrywer uit te vind. Of
laai 'n mp3-lêer
hier af om later te luister.
Hoe begin jy om ‘n kortverhaal te skryf?
As jy ‘n redelike idee het waaroor jou kortverhaal gaan handel, is dit nodig om die res van die geraamte bymekaar te sit. Makliker gesê as gedaan? Nie regtig nie! Die belangrikste raad is om net kalm terug te sit en te begin. So maklik soos dit?
So maklik soos dit?
Natuurlik! Wees gerus, jy is nie die enigste skrywer wat al ooit angstig gevoel het oor die vooruitsig om jou eerste kortverhaal te skryf nie. Dit is belangrik om te onthou dat hoewel hierdie stories kort en kragtig is, hulle nogtans ‘n begin, middel en einde moet hê.
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.