SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskuthulpbronne

 

Finansies & besigheid


 

Brand Pretorius se 9 sukseslesse

 

Leer uit sukses ťn mislukking.

Dit is die raad van mnr. Brand Pretorius, voormalige uitvoerende hoof van McCarthy. Hy het pas gepraat by ín sakeontbytgeleentheid wat deur Finweek en Front Foot aangebied is.

 

1. Die sakewÍreld is taai.
Pretorius sÍ in diť omgewing moet sakelui nie gunsies of simpatie verwag of aanneem dat alles regverdig sal verloop nie.

 

Hy sÍ in 1999 toe McCarthy nŠ ín byna noodlottige diversifikasie-strategie tegnies insolvent was, het hy gedink mense sal te≠gemoetkomend wees en die maatskappy te hulp snel, maar dit het nie gebeur nie.

 

Pretorius se raad is om in moeilike tye verantwoordelikheid te aanvaar, spesiale planne te maak en hard te werk Ė daar is geen kortpaaie nie.

Die doeltreffendste manier om teŽspoed te hanteer, is om resultate te lewer en nie vir empatie te wag nie, sÍ hy.


2. Die gehalte van strategiese denke, die relevansie van ín stra≠tegiese plan en die vermoŽ om dit in werking te stel, sal bepaal of jou onderneming mŰre beter is as vandag.
Pretorius sÍ McCarthy was in 1995 byna volledig afhanklik van nuwevoertuighandel vir wins.

 

Hy sÍ teen die agtergrond van die bekendstelling van die motorbedryfontwikkelingsplan (MIDP) en verminderde invoerheffings is daar besluit om die afhanklikheid van voertuigverkope te verminder.

 

ín FinansiŽledienste-onderneming is op die been gebring en diť afdeling was verlede jaar vir altesame 44% van die groep se wins verantwoordelik.

 

Pretorius sÍ dit is belangrik vir ondernemings om op hul hoede te wees en te onthou dat sakemodelle nie onsterflik is nie.

 

Hy sÍ dit is nodig om vinnig op te tree wanneer fundamentele neigings opgemerk word.


3. Talentvolle, bekwame, kundige werkers wat verbind is tot die maatskappy maak ín reuse-verskil.
Pretorius sÍ hy het in sy loopbaan gesien hoe sake-eenhede heeltemal omgedraai word deur die regte mense aan te stel.

 

Hy meen maatskappye moet obsessief wees oor die gehalte van hul mensekapitaal en meer in hul ontwikkeling belÍ as wat ín mens op die oog af sou dink genoeg is.


4. Verhoudinge maak saak Ė moenie die klein dingetjies vergeet nie.
Pretorius sÍ verhoudinge verteenwoordig die gom wat ondernemings bymekaarhou.

 

Hy sÍ was dit nie vir verhoudinge wat op vertroue en wedersydse respek gebou is nie, sou McCarthy nie van ín gewisse dood gered kon word nie.

 

Diť verhoudinge het die groep uiteindelik in staat gestel om hulp van agt banke te kry, wat McCarthy van ondergang gered het.

 

ďMense sal vergeet wat ons gesÍ het (en) wat ons gedoen het, maar hulle sal nooit vergeet hoe ons hulle laat voel het nie.Ē

 

5. Die optimering van kontantvloei behoort ín daaglikse prioriteit te wees, want dit is die lewensbloed van die onderneming.
Pretorius meen dit is selfs vir die uitvoerende hoof belangrik om persoonlik daaraan aandag te skenk. ďDit is die barometer van finansiŽle gesondheid.Ē

 

6. Klante is slim, stem met hul voete en was nog nooit beter ingelig as nou nie. Pretorius sÍ dit is kritiek om aandag te gee aan klante se behoeftes.

 

Hy sÍ dit is nie genoeg om bloot klante se behoeftes te bevredig nie. ďSonder klante het ons nie ín onderneming nie Ė ons behoort vir hulle te bestaan.Ē

 

In ín onlangse artikel in Harvard Business Review word aangevoer die verskil tussen ín tevrede klant en ín volledig tevrede klant kan ín onderneming insluk, sÍ hy.


7. Alles hang af van leierskap.

Pretorius sÍ leierskap is ín onderneming se belangrikste mededingingsvoordeel.

 

ďDit is die bron van elke groot prestasie.Ē

 

In wat op die oog af identiese ondernemings is, maak leierskap die praktiese verskil, sÍ hy.

 

Hy voeg egter by dat om ín leier te wees ín voorreg is wat verdien word en dat leiers hul taak met integriteit en nederigheid moet uitvoer.


8. Sake doen gaan oor veel meer as om die syfer-teikens te haal.
Hy sÍ hoewel goeie syfers belangrik is vir volhoubaarheid, moet ondernemings ook ín verskil maak in hul gemeenskappe.

 

Suid-Afrika is ín wonderlike land, maar die behoeftes is byna oorweldigend. Die laaste ding wat ons kan bekostig, is om selfsugtig te wees en agter ons mure te sit, sÍ Pretorius.


9. Die sakewÍreld is nie die begin en die einde van alles nie.
Dit is ook belangrik om die moed te hÍ om ín streep te trek en seker te maak jou verhoudinge met jou gesin, familie en vriende bly gesond ondanks ín groot werk≠lading, sÍ hy.

 

- Bron: Sake24

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse