SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skrywer in die KOLLIG

Welkom by SA Vryskutskrywer se afdeling waar ons eksklusiewe onderhoude met skrywers voer.

Die skrywersprofiele word gereeld bygewerk en met nuwes vervang, so kom maak gereeld hier 'n draai om te sien of j gunsteling-skrywer nie dalk al 'n beurt gekry het nie.

Kontak ons gerus met enige voorstelle of vir skrywersprofiele of volledige onderhoude met skrywers - ons sal dit graag publiseer.


HANS DU PLESSIS

Liefde in Griekwa-Afrikaans

Prof Hans du Plessis se Innie skylte vannie Jirre het die land gaande gehad. Waarom sal Boegoe vir die liefde, wat op die Aardklop Kunstefees bekend gestel word, anders wees?

Meer as 20 jaar gelede het daar n verhouding tussen n taalkundige van Potchefstroom en die gemeenskap van Griekwaland-Wes ontstaan. Uit di verhouding het n boek verlede jaar verskyn. En di boek, Innie skylte vannie Jirre, is tans die beste verkoper van alle Afrikaanse boeke. Met n sesde druk wat pas voltooi is, gaan di rekord ook moeilik geklop word.

Maar intussen rus die skrywer van di topverkoper, prof Hans du Plessis, nie op sy louere by sy huis in Potchefstroom nie. Hy het gehoor gegee aan die leserspubliek wat mr as net di 18 psalms en 56 ander verse wou h. Boegoe vir die liefde word eersdaags op die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom bekend gestel.

Weer eens is die taal Griekwa-Afrikaans en di keer is dit die storie van Hooglied wat vertel word. Maar hierdie is eintlik fiksie, verduidelik prof Hans vanuit sy kantoor by die Potchefstroomse Universiteit waar hy aan die hoof van die ATKV Skryfskool staan.

Ek het die basiese Bybelteks gebruik, maar dit onder n ander loep beskou. Hooglied is eintlik n bundel liefdesgedigte, hoewel die gedigte baie uiteenlopend is. Deur die jare het verskillende mense ook verskillende verklarings vir die gedigte in die Bybel gehad. Sommige mense beweer dis deur Salomo self geskryf. Ander het weer n meer feministiese idee dat dit deur n vrou geskryf is. Maar eintlik is niemand regtig seker waar dit vandaan kom nie.

Ek het dus di onsekerheid geneem en verder daarop gebou. In Boegoe vir die liefde blyk dit asof Hooglied n pakkie gedigte is wat ontdek is. Daar is n baie mooi storie wat daaruit kom as n mens dit chronologies verander. My verandering het toe in n pragtige liefdesverhaal ontvou wat in die vorm van gedigte vertel word. Ek is baie bly dit het toe s uitgewerk want ek het nog altyd gedink Hooglied handel buitendien oor n mooi liefde tusen n man en vrou, vertel hy.

Prof Hans se liefde vir Griekwa-Afrikaans kom van destyds toe hy in 1981 as taalkundige dialektoloog navorsing oor di Suid-Afrikaners se unieke Afrikaanse dialek begin doen het. Hy het gou n hegte vriendskap met hulle gesluit en dikwels weer die heimat van hul taal teruggekeer.

Die Griekwas se Afrikaans het hom n die res van die land s aangegryp dat hy aan die stuur was van verskeie radio- en televisieprogramme oor hulle. Hy het ook heelwat artikels oor hulle geskryf. Maar deurentyd het die Griekwapsalms by hom gebly.

Soveel so, dat hy in 1984 die Griekwaberyming van Psalm 121 in sy digbundel, Gewete van glas, opgeneem het. En die mense was in vervoering oor Ek slat my twee oge op / my kyk vang die verste kop: / waavanaf sal my hulp nou kom?

Dis die vreemdste ding. Mense het daardie psalm so baie gesteel en dit dan selfs aan my gegee. Ek kan nie onthou hoeveel keer ek my eie psalm present gekry het nie! lag hy daaroor. Een ou het die psalm glad op hout laat uitbrand en dit toe aan my gegee netjies geraam en alles. En daar was verskillende opinies oor wie die skrywer was. In die begin het ek probeer s dis eintlik ek, maar ag, jy weet mos hoe maak mense niemand luister na jou nie. Naderhand het ek stilgebly, en steeds Psalm 121 op verskillende maniere gekry.

Gelukkig het die Afrikaanse sanger, Randall Wicomb, k n kopie van die psalm gekry. Die vrou wat dit aan hom gestuur het, het laat weet dit is stokoud en sy reken dit is volgens oorlewering versprei. Dit was vir Randall s mooi dat hy berge versit het om uit te vind wie die eintlike skrywer was. Sonder di inligting kon hy nie die psalm toonset en op sy CD opneem nie.

En ds eintlik hoe almal begin verstaan het die psalm het n werklike skrywer en sy naam is Hans du Plessis en hy kom van Potchefstroom af en hy het nog n hele klomp sulke psalms in sy laai.

Randall het my gevra om ng n paar Griekwapsalms te skryf wat hy almal op sy CD opgeneem het. Jong, maar t steel die ouens dit rs. En net daar besluit ek toe om my eie boekie saam te stel, want as hulle die goed so vreeslik steel, is daar mos mense wat n boekie daarvan wil h. Een aangesien k eintlik die ou is wat hulle geskryf het, het ek gedink dis beter om die kopiereg daarop te behou, vertel hy.

Hy en sy sekretaresse het sommer self n dun boekie met twaalf psalms saamgestel en uitgegee. Die boekies was binne n oogwink uitverkoop. En toe besluit Lapa Uitgewers dis tyd om n ordentlike boek daarvan te maak. Innie skylte vannie Jirre is verlede jaar gedruk. Binne die eerste tien maande is meer as 35 000 eksemplare verkoop n ongehoorde aantal vir n Afrikaanse boek. Teen middel Augustus vanjaar was daar al byna 50 000 van di boeke verkoop.

Tussendeur het Randall verskeie van die verse uit di boek getoonset en met die vertoning die land deurkruis. Daar was die afgelope tien maande meer as 40 vertonings hiervan.

Maar, erken prof Hans, s n blitsverkoper maak die lewe vir n mens vorentoe maar n bietjie moeilik. Dis alles goed en wel dat die mense so gaande was oor die Griekwapsalms, maar dit verhoed nie dat ek en die uitgewers maar taamlik naels kou oor die nuwe boek nie. S nou net niemand wil hom h nie? Wat dan? wonder hy.

Maar as wenner van verskeie literre pryse hoef prof Hans hom darem seker nie oor so-iets te bekommer nie. Sedert sy eerste boek, Kleinwild n digbundel, in 1978 verskyn het, het hy al n hele paar gesogte pryse ingepalm. Daar was onder meer die C.R. Swart-prys, die ATKV-kinderboekprys en 'n erepenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir 'n dokumentre televisiereeks oor Afrikaans.

Op 57-jarige ouderdom het hy nog baie skryf in hom oor. En in enige genre. Hy is bekend om sy volwasse romans, jeugromans, posie, kortverhale, artikels, selfs n musiekdrama Liefde en oorlog wat hy vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees geskryf het en medewerker aan die Afrikaanse Woordelys en Spelrels. Ek is altyd bereid om my hand aan enigiets te waag. Taalkundiges is mos waaghalsige mense! lag hy.

Hoewel prof Hans deesdae net so sinoniem met Potchefstroom is as die ATKV se Skryfskool waarvan hy hoof is, was hy eintlik oorspronklik n Pretorianer. Gebore, gete en geskool in die land se hoofstad. Nadat hy n BA-graad in Algemene Taalwetenskap aan Tukkie behaal het, het hy grootliks sy studie deur Unisa voortgesit. Hy het selfs n draai in Amerika gemaak deur by die gesogte Harvard Universiteit vir sy doktorsgraad te gaan studeer. Hulle het net op my aansoekvorm gesien ek ken African Languages en toe gee hulle my sommer die beurs, lag hy.

N sy terugkeer na Suid-Afrika is hy n professoraat in Taalkunde by die Potchefstroomse Universiteit aangebied. Hy is steeds by die universiteit, maar deesdae spits hy hom daarop toe om aspirant-skrywers se loopbane n hupstoot te gee.

Terwyl ek in Amerika was het ek verskeie skryfkursusse in onder meer Iowa en Oklahoma bygewoon, vertel hy. Ek het so n bietjie afgekyk, want die skryfkursusse wat ons hier by die ATKV se Skryfskool aanbied, is baie op hulle manier geskoei. Maar deesdae is die Skryfskool deel van die universiteit aangesien dit nou n volwaardige departement is. Ons het reeds drie studente gehad wat hul M-grade in skryfkuns behaal het en een wat selfs n doktorsgraad hierin het. Eersdaags sal Skryfkuns as n hoofvak geneem kan word. Dis jammer ek is n bietjie te vroeg gebore ek sou darem van so n kursus gehou het!

Ten spyte van n ernstige siggebrek dis n oorerflike oogsiekte waaraan hy en sy broer ly werk prof Hans nog onverpoosd voort aan verskeie ander projekte. Dit neem my weliswaar n bietjie langer as vir ander mense omdat ek net omtrent tien persent sig het, maar ek kom daar. Gelukkig maak die rekenaar en n spesiale elektroniese leesmasjien die lees- en skryfwerk darem makliker.

Ek kan die skrif op die rekenaar baie groot stel, maar nou wil n mens ook nie net een letter op n keer lees nie. Dit sal mos vir ewig neem! Maar een voordeel van sulke swak sig is dat ek nou n wettige verskoning het om vroumense aan te raak. As ek dt nie doen nie, sal ek mos nooit weet hoe hulle lyk nie! lag hy.

Foto: Hans du Plessis/Facebook

2009. SA Vryskutskrywer. Alle Regte Voorbehou.


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse