SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skrywer in die KOLLIG

Welkom by SA Vryskutskrywer se afdeling waar ons eksklusiewe onderhoude met skrywers voer.

Die skrywersprofiele word gereeld bygewerk en met nuwes vervang, so kom maak gereeld hier 'n draai om te sien of j gunsteling-skrywer nie dalk al 'n beurt gekry het nie.

Kontak ons gerus met enige voorstelle of vir skrywersprofiele of volledige onderhoude met skrywers - ons sal dit graag publiseer.


lien roux-de jager

Di gewilde skryfster het saam met haar kinders gegroei - letterlik. Toe hulle kleuters was, het sy kleuterverhale geskryf. Later het sy vir hulle jeugverhale geskryf. Nou is almal al mooi groot en Lien skryf vir volwassenes. Lees hier wat sy nog alles vir Martiens Fourie vertel het.

 

1. Vertel ons eers kortliks iets oor Lien Roux-De Jager: Waar het jy skoolgegaan en studeer? Waar bly jy nou? Waar kom die dubbelloop-van vandaan? Ek het matriek aan die Afrikaanse Hor Meisieskool in Pretoria geskryf en n BA-graad aan Unisa behaal. Ek het in Pretoria grootgeword en oud geword totdat my man, Johann, na aftrede n pos by die Mafikeng-kampus van die NWU aanvaar het. Ons het vier en n half wonderlike jare daar deurgebring waarin ons die Ba-Tswana leer ken en liefkry het.

Johann is my tweede man. Ons is eintlik nog op wittebrood sal einde Desember twintig jaar getroud wees! Ek het begin skryf toe ek nog met my eerste man getroud was, as Helne Roux. Na ek vir die tweede keer getroud is, was dit Johann se idee om die dubbelloop van te gebruik; vir di lesers wat my kinder- en jeugverhale as Roux gelees het.

Ons bly nou weer in Pretoria, noord van die Magaliesberg in n klein kothuisie, elkeen met sy eie werkplek. Manlief is nog betrokke by nagraadse studente en ek skryf en skryf en skryf trek nou al by sewe en twintig gepubliseerde boeke en n paar waarin ek n aandeel gehad het, onder andere twee digbundels en twee kleuterrympies wat elk een van my skryfsels bevat.

2. Dit wil voorkom of jy nogal n bedrywige lewe gehad het en nog steeds het! Waar kry jy tyd vir alles? Daarby het jy ook nog twee kinders grootgemaak! Genade, jy is reg. Toe my kinders nog op skool was, het ek baie keer op die stuurwiel van die motor geskryf (of geswot!), terwyl hulle by dramaklasse of netbaloefeninge was. Dis regtig waar: hoe besiger jy is, hoe meer kry jy uitgerig. Wat natuurlik baie help is die feit dat skryf vir my vreeslik lekker is. Skryf is vir my soos asemhaal, ek kan eenvoudig nie ophou nie. Dit help nie om net n vae begeerte te h om jou naam in druk te sien nie, dit moet vir jou n passie wees.

Daar was n tyd wat ek nog n liefde beoefen het houtsneewerk. Ek het driedimensionele goed gemaak soos eende, visse, olifante, skilpaaie, slange ... Maar dit was net n stokperdjie en het deesdae nie meer tyd daarvoor nie. Nou is ek die uitgewer se gewillige slaaf en is knaend agter met die skedule vir die volgende keerdatum. Met die groeiende ouderdom, kom natuurlik die afname van energie ook. My middagslapie is deesdae baie belangrik.

3. Jy het jou hand al gewaag aan n kleuterverhaal, jeugverhale, romanses, n historiese roman en spanningsverhale. Watter van hierdie genres l jou die naaste aan die hart? Watter genre is vir jou die moeilikste? Dis nou n interessante vraag. Toe my kinders klein was, het ek kleuterverhale vir radio geskryf. Toe hulle tieners was, het ek oorgeslaan na jeugverhale. In daardie stadium het die verkope van jeugverhale afgeneem en die uitgewer het voorgestel dat ek die nuwe Romanza-reeks moet aandurf. In my onkunde het ek gedink dit sal nou lekker maklik wees en ek (en my man) het lekker storietjies uitgedink. Toe ek die eerste een voorl is dit aan flarde getrek! Twee kursusse en drie probeerslae later het ek die genre onder die knie gehad. Dit was toe glad nie so maklik nie. Ek probeer om nog elke jaar een of twee Romanzas te skryf, dis lekker en hulle verkoop goed.

Maar toe raak ek n bietjie verveeld met die liefdesverhale. Eers n historiese roman geskryf (geskiedenis is ook n liefde) en toe n prentjieboek vir kleuters. Toe raak ek lus vir spanningverhale, want dis die genre wat ek graag lees. Ek het my kindertande op Karl Kielblock geslyp! Ook hier by die diep kant ingespring en agterkom daar is massas navorsing vir misdaadverhale nodig. Dis nie n maklike genre om te skryf nie, maar ek geniet dit baie.

In die Leuens-reeks was ek gelukkig om n regte forensiese psigofisioloog (leuenverklikker) te ken. Sy was eers by die polisie en haar man is nog n speurder. Sy het na my toe gekom en vir die grootste deel van die dag die proses tot in die fynste detail saam met my deurgegaan. Deesdae is dit n wetenskap, dis nie meer die naald wat n grafiek op papier trek soos ons in reekse op televisie sien nie. Alles is gerekenariseer. Haar man het ook baie van my vrae oor polisiewerk beantwoord.

Verder het ek op bekende en gevestigde skrywers staatgemaak om my te leer van misdaadtonele Kathy Reichs, Patricia Cornwall, Minette Walters, Tess Gerritsen. Tot my skade en skande lees ek meestal Engelse misdaadverhale; in die buiteland is hierdie genre al vir eeue gevestig, terwyl dit in Suid-Afrika nog redelik jonk is.

4. In n spanningsverhaal, soos ook in jou Leuens-reeks, kom daar moord en doodslag en allerhande gruwels en afskuwelikhede voor. En natuurlik moet jy daaroor navorsing doen. Maak dit jou nie depressief nie? Waarom skryf jy oor hierdie gruwelhede? Dis ook nogal n vreemde verskynsel. Jy is heeltemal reg, dit is morbied. In die laaste een, Vergete Leuens, het ek soms n scene geskryf wat my so ontstel het dat ek eers moes opstaan en iets anders gaan doen. Ek wonder baie keer vrou, waar kom jy aan al hierdie boosheid! Dis daarom dat ek, nadat ek n misdaadverhaal voltooi het, eers n liefdeverhaal skryf, net om al die bloed en derms uit my kop te skryf.

Mens moet darem ook onthou dat ons in n land woon moord en gruweldade eintlik al so algemeen in die media geword het, dat ons al effens afgestomp geraak het. Nogtans skryf ek dit graag, want die moordenaar word ALTYD gevang en goed oorwin die kwaad. Dit gee mens tog n lekker gevoel as die wreedaard agter tralies toegesluit word.

5. Hoe het dit gekom het jy besluit het om n vrou, Kalli Krynauw, as hoofkarakter te gebruik? Ek gebruik n vrou as hoofkarakter omdat, eerstens, my mentor n vrou was. Tweedens om afwisseling; die manne skryf so baie van n middeljarige man wat baie drink en hom dan regruk en die moord oplos. Derdens skryf ek oor n vrou omdat ek n vrou is ek weet hoe n vrou sal voel en reageer in daardie omstandighede. Mens moet nooit jou hoofkarakter iemand maak van wie se omstandighede jy geen ervaring het nie, dit sal nie geloofwaardig wees nie.

6. Hoe hanteer jy kritiek op jou werk? Sjoe, partykeer is negatiewe kritiek soos n hou op die Solar pleksus. Maar dan speel ek dit uit en gaan sit en onderstreep alles wat die resensent ges het. Party dinge ignoreer ek dit was duidelik dat hierdie leser baie vinnig moes lees en sy/hy het nie die punt gesnap nie. Ander onderstreep ek in rooi en plak dit aan die muur langs my rekenaar. As hierdie deel hierdie leser gepla het, sal dit moontlik ook ander lesers pla. Dan let ek op na hierdie foute vir die volgende storie. Ek probeer regtig leer uit elke resensie. Die goeies streel my ego, maar daaruit leer ek nie so veel nie.

7. Beskou jy n teksredigeerder en proefleser as onontbeerlik in die skryfproses? Hoekom s jy so? Absoluut onontbeerlik! Ek werk minstens vyf keer deur n manuskrip voor ek hom inhandig. Dan kom die keurder met aanbevelings, wat ek dan inwerk. Daarna gaan dit na die taalversorger wat die taalfoute uitwys. Dan werk ek weer deur die manuskrip. Daarna kry ek die setproewe met die bladsye soos dit in die boek gaan verskyn. (Twee ander lesers gaan ook hierdie proewe deur. En dan gebeur dit, in hierdie laat stadium, dat ek nog blatante foute optel wat ons almal net eenvoudig misgekyk het. Ek beskou dit eintlik as n kompliment, want dit beteken die lesers was in die storie vasgevang en daarom oor die foute gelees. Daar kan nooit genoeg teksredigeerders wees nie!

8. Wat is jou siening oor selfpublisering? Dis nie iets wat ek self sal oorweeg nie; om die volgende redes:
n Mens besef nie hoe veel n uitgewer, soos byvoorbeeld LAPA, vir jou as skrywer doen nie. Hulle doen eerstens manuskripontwikkeling, soos ek hierbo beskryf het. As jy self iets uitgee, het jy net jouself om op staat te maak. Daarna die drukproses, wat n baie duur proses is. As die uitgewers dit hanteer, sit jy net terug en wag op die eindproduk.

En laaste, maar beslis die belangrikste, is die bemarking. Die uitgewers het n hele span bemarkers wat sorg dat mense soos julle n gratis eksemplaar van die boek kry, en daarmee genoeg inligting om julle nuuskierig te maak oor die skrywer. As jy self moet gaan aanklop by instansies wat jou boek kan bemark, gaan hulle nie juis veel aandag aan jou werk gee nie. Jy moet regtig eers n baie bekende NAAM in die skrywersbedryf h voordat jy dit enigsins kan oorweeg om self te publiseer.

Toegegee, die twaalf persent tantieme wat jy vir elke eksemplaar wat voorkoop word, kry, klink min. Maar as jy die sommetjie gaan maak, gaan jy dalk nog minder uitkry as jy dit self publiseer. Nog n aspek wat in ag geneem kan word: terwyl die uitgewer rondskarrel om al hierdie werk te doen, kan jy al weer voor jou rekenaar kniediep in die volgende storie wees.

En onthou. Wanneer jy n manuskrip instuur en hulle sien nie kans om dit te aanvaar nie, gee hulle altyd die redes daarvoor. Daaruit kan jy (gratis!) leer, soos ek leer uit negatiewe resensies. Jy kyk na die foute en probeer weer en probeer weer en probeer weer. Een of ander tyd sal jy die deurbraak maak.

9. Behalwe om te boeke te skryf: wat anders het jy al in jou lewe gedoen? Ek was vir baie jare n bedryfsredakteur vir publikasies vir groot instansies soos staatsdepartemente, rade (medies, sielkundig) en so meer. Dit sluit in personeelnuusbriewe, mediavrystellings, koffietafelboeke, inligtingsmateriaal en so aan.

Dit was n uitstekende leerskool. As bedryfsredakteur moes jy oor ALLES skryf, in Afrikaans en Engels. As hulle s skryf, dan doen jy jou navorsing en jy skryf. In daardie jare het ek net in my vrye tyd geskryf en was nie baie produktief nie. Maar toe ek (vroeg) afgetree het, het ek heeldag geskryf. Dit was moeilik om weer op my eie in n werksroetine te kom en inspanning en toewyding gekos. Daar was nie druk nie jy kon vandag skryf of mre of volgende maand of glad nie niemand sou n oog daaroor knip nie. Maar toe LAPA die eerste jeugverhaal aanvaar, is die vonk in die vuur en ek het nog nie weer opgehou nie.

10. Waar en wanneer skryf jy? Ek is eintlik baie aanpasbaar. Al wat ek nodig het, is vier mure en n dak en n muurprop en n tafel. Dan skryf ek.

MAAR, en dit moet ek onderstreep, dis baie beter as jy, veral wanneer jy begin skryf, n spesiale plek het wat net vir jou skryfwerk is nie die eetkamertafel waar jy elke keer jou skryfgoed moet wegneem om tafel te dek nie! Jy moet jou eie plekkie h waar jy ongestoord kan skryf.

In ons nuwe klein kothuisie (ook bekend as Die Kleinhuisie!) het ek en my man elkeen ons eie afgesonderde skryfplek. Hy het vir hom n man-cave aangebou waar hy al sy goetertjies kan uitstal en ongestoord kan werk. Ek het n nessie tussen twee rye boeke waar ek my ding kan doen. Dit werk net beter s.

11. Watter raad kan jy aan voornemende skrywers gee? As jy regtig n passie het vir skryf skryf en skryf en skryf en skryf. Soos n atleet sy spiere moet oefen, so moet jy jou skryfwerk oefen.

Moenie die storie by die begin (eendag was daar ...) begin nie, dis nie nodig nie. As jy iets in jou kop kry, tik dit op jou rekenaar in en save dit onder n naam, soos My storie. As jy eerste aan die einde dink, bre dit.

Dis ook goed om altyd n notaboek en pen saam met jou dra. Ek doen dit nou nog, veral as ons ver ry met die motor; ek beskryf hoe n dorpie lyk, hoe die uitsig bo van n berg af is, sulke dinge. Jou kop moet heeltyd besig wees met skryf, dit moet nie op die agtergrond geskuif word en net nou en dan uitgehaal word nie.

Skryf is harde werk, moenie dat iemand jou ooit anders vertel nie. En dit help nie om vir die muse te sit en wag nie. As iemand dalk die adres van die muse het, moet hulle my dadelik laat weet, want die muse weet nie van my nie. Ek moet my eie idees ontwikkel en my eie navorsing doen!

12. Waarmee is jy tans besig? Ek sien daar is al van jou gedigte in digbundels opgeneem. Al ooit gedink om n digbundel uit te gee? n Historiese roman? Ek wou hierdie keer graag n lekker lang historiese roman skryf, maar die uitgewer het my afgeraai. Ons moet onthou dat hulle gedurig besig is met marknavorsing, en sy het ges dat historiese romans sleg verkoop. Dit help dus nie om net vir die lekker te skryf nie. Dieselfde geld vir digbundels, jy moet al n baie bekende digter wees voor jou bundels verkoop.

Ek wou graag hierdie keer met n fantasie-reeks begin. Nie n toekomsverhaal met blikgoggas wat die aarde aanval nie. n Eendag lank, lank gelede verhaal, toe die aarde nog jonk was. n Fantasie-geskiedenis van fantasie-volksgroepe op n fantasie-kontinent. Miskien is daar van die lesers wat weet van die kultus Game of Thrones wat op televisie was. Ek het al ses die boeke opgeslurp. Hierdie verhaal speel af in n Middeleeuse Europa. Toe dag ek ek kan miskien so n verhaal laat afspeel in n fantasie-Afrika. Maar o genade, toe ek eers begin met die karakters (waar ek altyd begin) besef ek dat ek hier nie navorsing kan doen nie. Alles moet uit my kop kom. Ek moet kulture skep, maniere van doen en praat, en nie net een of twee hoofkarakters nie: hooffamilies, elke lid daarvan. En ek moet dieselfde vir omtrent ses volksgroepe doen. Regtig besonder (baie gebrek aan n lekker vloekwoord) werk! Hierdie jaar het ons die Groot Verhuis gedoen en dit het my baie getap, fisies en emosioneel. Ek skryf nou eers n Romanza en daarna n novelette vir die nuwe liefdestydskrif waarmee LAPA besig is. Daarna sal ek weer groot moet skryf, want die tantieme moet inkom. Die uitgewer het reeds haar groen lig gegee vir die fantasie, want dit is deesdae die in ding op televisie, flieke ens.

2016. SA Vryskutskrywer. Alle Regte Voorbehou.


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse