Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfuitdaging - Januarie 2010

 

[GEEN wenner in enige kategorie]

 

Skryfuitdaging Januarie 2010

Gegewe inligting: 12 Januarie 1970. 'n Boeing 747 van die Pan Am-lugdiens in Amerika land op die Heathrow-lughawe nadat dit die eerste transatlantiese vlug vanaf New York voltooi het.

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2010

 

Uitdaging vir Kreatiewe skrywers

Verbeel jou jy is een van die passasiers wat dié baanbrekersvlug meegemaak het. Vertel aan jou leser hoe jy gevoel het toe jy die trappies bestyg het met die inklimslag, hoe dit gevoel het om te weet jy’s een van die heel eerste mense om dwarsoor die oseaan te vlieg, jou opgewondenheid/verligting/angs – enige emosionele gevoel wat jy dink jy dalk sou gehad het as dit werklik jý in daardie vliegtuig was.

Onthou egter dat jy nie alles uit jou duim moet suig nie. Kreatiewe skrywers moet ook seker maak van hulle feite; gaan doen dus ‘n bietjie navorsing oor dié vlug en daardie tydperk. Hoe het die trappies gelyk, hoe groot was die vliegtuig, hoeveel passasiers, het die vlug sonder enige voorvalle verloop ... ens.

Wenk: Hou die datum in gedagte wanneer jy skryf. Probeer om jou storie so realisties moontlik te maak vir daardie tyd.

(Woordperk: 1000 woorde)

 

Uitdaging vir Joernaliste

Gestel jy is op daardie dag deur jou nuusredakteur gestuur om die storie te dek. Jy kry die feite tot jou beskikking, kom by die lughawe aan, voer ‘n paar onderhoude met passasiers en veral die vlugkaptein want hy is mos darem ook ‘n baanbreker. Wat sal alles in jou nuusberig staan?

Onthou dat jy ‘n joernalis is. Jy moet altyd die storie ágter die storie soek – en kry. Hierdie storie is nie so gewoonweg as wat jou nuusredakteur gedink het nie. Iewers is daar ‘n inligting wat nie in die persverklaring gestaan het nie ...

Wenk: Hou die datum in gedagte wanneer jy skryf. Probeer om 'n nuusberig/artikel te skryf wat so akkuraat moontlik vir daardie tyd is.

(Woordperk: 700 woorde)

 

                                       Sluit Venster