Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfuitdaging - Februarie 2010

 

[GEEN wenner in enige kategorie]

 

Skryfuitdaging Februarie 2010

Gegewe inligting: 22 Februarie 1911. 'n Verslag word in Londen vrygestel oor die Waratah se verdwying tussen Durban en Kaapstad met 211 passasiers en bemanningslede. Luidens dié verslag het die skip tydens 'n storm gesink, maar die wrak is nooit gevind nie.

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2010

 

Uitdaging vir Kreatiewe skrywers

Hoe sien jy die Waratah se laaste oomblikke? Probeer jouself in die skoene van die passasiers plaas - wat sou hulle emosies gewees het toe hulle besef het die skip sink?

Of: gestel die skip het níé gesink nie. Dit is dalk 'n moontlikheid want, onthou, niemand is werklik seker of die wrak gevind is nie en dis al byna 'n eeu sedert die verdwying. Sê nou net hulle het op Atlantis of enige ander fiktiewe eiland of plek uitgespoel nadat die storm bedaar het. Wat gebeur met almal? Gee jou verbeelding vrye teuels.

Wenk: Hou die datum in gedagte wanneer jy skryf. Probeer om jou storie so realisties moontlik te maak vir daardie tyd.

(Woordperk: 1000 woorde)

 

Uitdaging vir Joernaliste

Toe die nuus breek dat die Waratah sonder taal of tyding aan die Suid-Afrikaanse kus verdwyn het, het jou redakteur jou gestuur om 'n eksklusiewe storie te gaan soek. Wat het jy gekry? En hoe?

Wenk: Hou die datum in gedagte wanneer jy skryf. Probeer om 'n nuusberig/artikel te skryf wat so akkuraat moontlik vir daardie tyd is.

(Woordperk: 700 woorde)

 

                                       Sluit Venster