Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfuitdaging

 

SA Vryskutskrywer se pretblad. Ons bied gereeld 'n skryfuitdaging aan kreatiewe én nie-fiksieskrywers om te sien wie met die beste storie in elke kategorie vorendag kan kom. Die onderskeie kategoriewenners ontvang elk R100 - net genoeg vir koffiedrinksakgeld vir 'n maand.

Die Skryfuitdaging is nie ingestel om jou vreeslik kompeterend te laat skryf nie, maar eerder om elke skrywer - voornemend of praktiserend - weer eens te laat besef dat skryf in alle omstandighede lekker behoort te wees, maar dat jy dit elke dag móét doen. Om dus aan 'n skryfuitdaging soos dié deel te neem, dwing jou op 'n ligte manier om jou breinselle in te span en te SKRYF.

En as jy dalk een van die ongelukkiges is wat vir 'n wyle aan skrywersblokkasie ly ... geen probleem - ons skryfuitdaging sal jou gou weer aan die skryf kry.

Elke maand se geldjie wat nie gewen word nie, word oorgedra na die volgende maand se pot toe. Dit maak dinge net daai titseltjie méér interessant, nie waar nie?

Stuur jou skryfpoging aan admin@savryskutskrywer.co.za.

 

Skryfuitdaging April 2010                                                               via Facebook-blad

"DIT WAS 'N DONKER AAND. SUSAN KON SKAARS HAAR HAND VOOR HAAR Oë SIEN. DIT WAS DIE TIPE AAND WAAR ALLES OM JOU EKSTRA HOORBAAR RAAK..."

Selfs die skaars hoorbare geritsel van die blare klink onheilspellend hard. Die donkerte laat Susan voel of sy versmoor, vasgedruk word deur 'n onbekende, bose mag...

Die vlerkklap van 'n uil teen haar wang laat haar struikel. Lees verder ...

 

Skryfuitdaging Maart 2010                                          Sluitingsdatum: 4 April 2010

Gegewe inligting:  18 Maart 1822. Dr James Barry word deur Lord Charles Somerset aangestel as koloniale mediese inspekteur.. Besonderhede ...

 

Skryfuitdaging Februarie 2010                       Sluitingsdatum: 28 Februarie 2010

Gegewe inligting:  22 Februarie 1911. 'n Verslag word in Londen vrygestel oor die Waratah se verdwyning tussen Durban en Kaapstad met 211 passasiers en bemanningslede. Luidens dié verslag het die skip tydens 'n storm gesink, maar die wrak is nooit gevind nie. Besonderhede ...

 

Skryfuitdaging Januarie 2010                           Sluitingsdatum: 31 Januarie 2010

Gegewe inligting: 12 Januarie 1970. 'n Boeing 747 van die Pan Am-lugdiens in Amerika land op die Heathrow-lughawe nadat dit die eerste transatlantiese vlug vanaf New York voltooi het. Besonderhede ...

 

                                       Sluit Venster