


Welkom by SA Vryskutskrywer - TEMPLET

Min dinge laat 'n skrywer - en veral 'n voornemende een - se hart só warm klop soos wanneer hy iets kan lees wat 'n ander skrywer kwytgeraak het. Wie kan dit weerstaan om jou werkweek met so 'n paar slim skrywersêgoed te begin?
Sonder boeke is God stil.
~ Thomas Bartholin
'n Kritikus word deur jare van waarneming en studie gevorm. Resensente spring op soos paddastoele.
~ La Bruyêre
Iemand wat kritiseer sonder dat hy al self geproduseer het, is 'n oneerlike mens.
~ Jule Janin
Vryheid van die pers is nie 'n doel op sigself nie, maar 'n middel om 'n vrye gemeenskap daar te stel.
~ Felix Frankfurter
'n Vrye pers kan goed of sleg wees, maar sonder persvryheid is die pers gewis niks anders as sleg nie.
~ Albert Camus
Kry dit eerste en kry dit reg.
~ Joernalistieke gesegde
Ek is mal oor spertye. Ek hou veral van die whoesj-geluid wat hulle maak wanneer hulle verbyvlieg.
~ Douglas Adams
Daar is mense wat gebore word om te skryf. Die tuinier bêre elke steggie, elke saadjie, elke perskepit: hy beskou dit as sy roeping om te plant wat daar te plant is. Presies net só is die skrywer se siening van sy skryfwerk. Alles wat hy sien, alles wat hy ervaar, is vir hom die grondstof wat hy tot beeld kan verwoord. Hy aanvaar nie die uitspraak dat daar sommige dinge is wat nie beskryf kan word nie. Hy glo dat alles wat gedink word, ook vroeër of later geskryf kan word. Hy sou nie daarvoor terugdeins om oor die werkinge van die heilge Gees te probeer skryf nie. Niks is te groot, te fyn of te kosbaar vir sy pen om aan te durf nie. In die oë van die skrywer is die mens daar om van die lewe verslag te gee en die ganse heelal bied die moontlikheid tot verslag. In elke gesprek, in alle teenspoed, vind die skrywer nuwe stof om oor te skryf.
- Ralph Waldo Emerson
Dit lyk eenmaal onfeilbaar: vrees, dit laat die mens koerante lees.
~ Pirow Bekker
God skep hoop en die koerante skep verwagtinge.
~ Marthinus Versfeld
Gee ontspanning, hou die massas dop; gee elke dag 'n mooi nooi en 'n moord; en stoot die sirkulasiesyfers op.
~ D.J. Opperman
Geskiedkundiges vertel die verhaal van die verlede, romanskrywers die verhaal van die hede.
~ Edmond de Goncourt
Die eerste plig van 'n onbekende skrywer is om interessant te wees. Om vervelig te wees is die voorreg van reeds beroemde skrywers.
~ Emile Berr
Die gevaarlikste struikelblok vir 'n jong skrywer is nie sy eerste werk nie, maar sy tweede.
~ Fliegende Blatter
'n Goeie boek is een wat met groot verwagting oopgemaak en met groot wins toegemaak word.
~ Amos Bronson Alcott

Jou
vryskut-besigheid