


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfaanhalings
Min dinge laat 'n skrywer - en veral 'n voornemende een - se hart só warm klop soos wanneer hy iets kan lees wat 'n ander skrywer kwytgeraak het. Wie kan dit weerstaan om jou werkweek met so 'n paar skrywersêgoed te begin?
As jy 'n betrokke roman skryf, is jou kanse op 'n goeie resensie beter as wanneer jy nie betrokke skryf nie.
P.G. du Plessis
As jy uit die werk van een skrywer neerskryf, is dit plagiaat, maar as jy baie werke raadpleeg, is dit navorsing.
Wilson Mizner
Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes.
Joseph Addison
Van al die kwaliteite wat 'n boek moet hê, is die vernaamste dat dit leesbaar moet wees.
Anthony Trollope
Daar is min sin in 'n boek wat jy nie geniet nie.
Sir John Lubbock
Boeke en vriende moet min en goed wees.
Spaanse spreekwoord
Daar is twee soorte talentvolle skrywers: dié wat dink en dié wat doen.
Abbé Roux
Vanoggend het ek 'n komma uitgehaal en vanmiddag het ek dit weer teruggesit.
Oscar Wilde
'n Goeie boek is een wat met groot verwagting oopgemaak en met groot wins toegemaak word.
Amos Bronson Alcott
Die gevaarlikste struikelblok vir 'n jong skrywer is nie sy eerste werk nie, maar sy tweede.
Fliegende Blatter
Die eerste plig van 'n onbekende skrywer is om interessant te wees. Om vervelig te wees is die voorreg van reeds beroemde skrywers.
Emile Berr
'n Kritikus word deur jare van waarneming en studie gevorm. Resensente spring op soos paddastoele.
La Bruyêre
Iemand wat kritiseer sonder dat hy al self geproduseer het, is 'n oneerlike mens.
Jule Janin
Geskiedkundiges vertel die verhaal van die verlede, romanskrywers die verhaal van die hede.
Edmond de Goncourt
Sonder boeke is God stil.
Thomas Bartholin
Na bladsy [2]

