


Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en antwoorde
Kan ek geld met my skryfwerk verdien?
O ja! Ons opleiers se eerste prioriteit is om jou tydens die duur van die kursus te leer hoe om vas te stel wat die markte soek en benodig met die uitsluitlike doelwit dat jy geld met jou skryfwerk kan verdien.
Die oogmerk is om jou by te staan sodat jy uiteindelik as 'n vryskutskrywer 'n leefbare inkomste kan verdien en sodoende jou eie vryskutbesigheid bedryf.
Tweedens lei hulle jou deur middel van 'n intensiewe skryfproses met gepaardgaande oefeninge sodat jy stap-vir-stap kan leer hóé om vir 'n gekose mark te skryf. Markriglyne, wat jou sal help om jou mark beter te identifiseer, maak ook deel uit van die meeste kursusse.
Ons kursusse is spesiaal só ontwerp en saamgestel dat jy ná voltooiing daarvan onder meer minstens een persklaar tydskrifartikel (by die meeste kursusse sal jy twee hê) of -kortverhaal, of ‘n niefiksie- of kinderboekmanuskrip sal hê wat jy aan onderskeidelik ‘n tydskrif of uitgewer kan voorlê en indien dit aanvaar word, het jy jou eerste transaksie beklink.
Het jy enige ander vrae?
Indien daar enigiets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, of iets wat ons dalk nie op hierdie blad aangeraak het nie, kontak ons asseblief om jou navraag aan ons te stuur.


Jou
vryskut-besigheid