


Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde
As jy enigsins gewonder het presies hoe SA Vryskutskrywer jou met jou skrywersdrome kan help, is hierdie die blad om deeglik te bestudeer.
Hoe werk SA Vryskutskrywer se Skryfkursusse?
Al ons skryfkursusse word deur middel van e-pos aangebied. Aanlynstudies raak wêreldwyd ál meer gewild weens hulle bekostigbaarheid, gerief en persoonlike opleidingsmetodes. Ons kursusse word spesifiek ontwerp met hierdie kenmerke in gedagte. Alles wat ons aanbied is prakties, professioneel en op die man af. Ons opleiers is spesiaal toegerus om jou vanaf bladsy een te help om jou eie skryfstyl te vind en te ontwikkel. In ons intense een-tot-een opleidingstelsel is jy nie net 'n student nie, maar 'n mede-skrywer. Lees verder ...
Hoe en wanneer registreer ek vir 'n Skryfkursus?
Omdat ons 'n aanlynkollege bedryf, kan jy enige tyd vanaf die middel van Januarie tot en met die einde van November vir 'n kursus inskryf. Ons aanvaar nie nuwe registrasies tydens Desember nie omdat die somervakansie wat in hierdie tydperk val, alles omver gooi en min mense is in staat om gedurende hierdie tradisionele jaarlikse kuiertyd te kan werk. Lees verder ...
Kan Selfstudiekursusse , e-boeke of spesiale verslae my skryfwerk bevorder?
Selfstudiekursusse, e-boeke of spesiale verslae bevat waardevolle inligting wat spesifiek op jou behoeftes of mark gerig is. Dit dien as riglyne in die afwesigheid van 'n persoonlike opleier. Lees verder ...
Watter ander dienste bied ons aan?
Omdat ons gestig is om mede-vryskutskrywers by te staan, bied ons verskeie gratis dienste, asook professionele dienste aan. Lees verder ...
Wat doen 'n vryskutskrywer?
Vryskutskryfwerk is wat vryskutskrywers vir die grootste gedeelte van hul lewens doen! ‘n Vryskutskrywer is iemand wat ‘n loopbaan as skrywer verkies waar daar geen langtermynverbintenis met ‘n enkele werkgewer is nie. Dit beteken dus dat vryskutskryfwerk nooit vervelig raak nie omdat die skrywer verskillende skryfwerke vir 'n verskeidenheid publikasies en besighede skryf. Vryskutskrywers roem hulle daarop dat daar ink deur hulle are bruis! Lees verder ...
Kan ek my werk verkoop?
Ons opleiers se eerste prioriteit is om jou tydens die duur van die kursus te leer presies hoe om vas te stel wat die markte soek en benodig. Tweedens lei hulle jou deur middel van 'n intensiewe skryfproses met gepaardgaande oefeninge sodat jy stap-vir-stap kan leer hóé om vir 'n gekose mark te skryf. Markriglyne maak ook deel uit van die meeste kursusse, wat jou sal help om jou mark beter te identifiseer. Lees verder ...
Hoe werk SA Vryskutskrywer se Virtuele Skryfskool?
SA Vryskutskrywer se Virtuele Skryfskool is 'n unieke afstandsonderrigkonsep wat nêrens anders in Suid-Afrika gevind word nie. Die student en die opleier is deur middel van die internet, e-pos, Skype en telefoonverbindings regstreeks met mekaar in verbinding terwyl die opleier die student in werklike tyd opleiding gee. Klastye word vooraf ingevolge die student se voorkeur en die Skryfskool se skedule gereël. Lees verder ...
Watter skryfloopbaan is die beste vir my?
As jy enigsins voel dat jy 'n loopbaan in die skryfkuns moet volg, kan jy by ons opleiers raad kry. Hulle sal weet of jy reg is vir die uitdagende wêreld van 'n skrywer en in watter rigting jy moet beweeg. En net om jou selfvertwyfeling finaal uit die weg te ruim en jou te help om daardie boek of artikel te skryf, het ons by SA Loopbane A - Z gaan kers opsteek met 'n paar van die belangrikste skryfloopbane beskikbaar. Lees verder ...
Het jy enige ander vrae?
Indien daar enigiets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, of iets wat ons dalk nie op hierdie blad aangeraak het nie, gebruik asseblief onderstaande kommunikasievorm om jou vraag aan ons te stuur.



