Welkom by SA Vryskutskrywer - E-boeke

                       

      

Elektroniese boeke (e-boeke) is besig om wêreldwyd die leesstof van die toekoms te word. Suid-Afrika is geen uitsondering wanneer dit by dié fenomeen kom want boeke wat deur middel van die internet gekoop, afgelaai en gelees kan word, is vinnig besig om hier ook veld te wen. Dit is ook 'n uitstekende uitweg vir die self-publiseerder.

 

Die e-boek se gewildheid kan beslis aan die faktor van gerief toegeskryf word - jy besluit op 'n boek wat die inligting bevat wat jy wil hê, betaal sommer via die internet en siedaar! binne enkele minute kan jy jou e-boek deur middel van 'n skakel aflaai. Wat is nou makliker en vinniger as dit?

Hier by SA Vryskutskrywer is ons ook besig om die lewe vir vryskutskrywers makliker en geriefliker te maak. Ons gaan probeer om gereeld nuwe toevoegings tot ons e-boekwinkel te maak. Kom kyk dus gereeld of hier iets is wat jy nodig het.

En vir diegene wat met bloedsweet en deursettingsvermoë 'n manuskrip voltooi het, maar sukkel om dit deur enige van die hoofstroomuitgewers te laat publiseer, is hier nou ook 'n uitweg. Ons sal jou manuskrip namens jou in e-boekvorm uitgee en bemark.

Gaan loer dus gerus by onderstaande skakels. Klik net op die onderwerp van jou keuse.

 

 

-boekrak

                                 

 

 

-boeke bedryfsnuus          

 

 

 

-publikasiediens

-uitgewersdiens

 

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster