Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

 

Wanneer kan ek vir ‘n kursus registreer en hoe betaal ek die fooie?

Omdat ons 'n aanlynkollege bedryf, kan jy enige tyd vanaf die middel van Januarie tot en met die einde van November vir 'n kursus inskryf. Ons aanvaar nie geredelik nuwe registrasies tydens Desember nie omdat die somervakansie wat in hierdie tydperk val alles omver gooi en min mense is in staat om gedurende hierdie tradisionele jaarlikse kuiertyd behoorlik te kan werk. En as ons nuwe studente in Desember toelaat, word daar ekstra tyd bygereken om vir die vakansie op te maak.

 

Hoe en waar registreer ek en wat gebeur na registrasie?

Vir gewone skryfkursusse: Klik op die REGISTREER VIR KURSUS-knoppie wat op elke kursusleerplanblad aangebring is en volg net die aanwysings. As jy egter reeds besluit het vir watter kursus jy wil inskryf, kan jy op die KURSUSREGISTRASIE-skakel klik, die kursus van jou keuse kies en die aanwysings volg.

Vir romankursusse: Om as student vir enige van ons romankursusse te kan inskryf, moet jy eers aansoek doen.

Met alle kursusse sal jy jou verwelkomingsbrief, toewysing aan jou persoonlike opleier en studiepakket binne 48 uur na ontvangs van jou betaling ontvang.

 

 Hoe betaal ek die kursusfooie?

 

Indien daar enigiets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, of iets wat ons dalk nie op hierdie blad aangeraak het nie, gebruik asseblief onderstaande kommunikasievorm om jou vraag aan ons te stuur.    

               

Naam:*
Van:*
E-pos:*
Boodskap:*

                          Sluit Venster