Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

 

Hoe werk SA Vryskutskrywer se Skryfkursusse?

Aanlynstudies raak wêreldwyd ál meer gewild weens hulle bekostigbaarheid, gerief en persoonlike opleidingsmetodes. Ons skryfkursusse word spesifiek ontwerp met hierdie kenmerke in gedagte. Alles wat ons aanbied is prakties, professioneel en op die man af. SA Vryskutskrywer se opleiers is spesiaal toegerus om jou vanaf bladsy een te help om jou eie skryfstyl te vind en te ontwikkel. In ons intense een-tot-een opleidingstelsel is jy nie net 'n student nie, maar 'n mede-skrywer. Onder volg ‘n paar vrae wat gereeld deur voornemende studente gevra word, met ons antwoorde daarby. Indien jy na dese nog enige navrae het, moenie huiwer om ons te kontak om klarigheid te kry nie.

Soos reeds gesê word alle kursusse en kommunikasie deur middel van die internet aangebied. Wanneer jy vir ‘n kursus registreer en die toepaslike kursusfooi* ten volle betaal het, word jou kursusmateriaal binne 24 uur aan jou gestuur, sowel as ‘n verwelkomingbrief van jou persoonlike opleier. Jy kan dus sommer dadelik aan die werk spring. (*Kyk by Hoe betaal ek die kursusfooie? vir besonderhede.)

 

Wat presies behels aanlynstudies?

n Aanlynkursus is soortgelyk aan ‘n korrespondensiekursus met die verskil dat alle kursusmateriaal (kursusnotas en terugvoering van jou opleier) via e-pos gestuur word in plaas van slakkepos soos in die goeie ou dae. 

 

Wat maak SA Vryskutskrywer se kursusse anders as ander instansies s’n?

 

 Wat is die toelatingsvereistes?

 

Wanneer kan ek vir ‘n kursus registreer?

Omdat ons 'n aanlynkollege bedryf, kan jy enige tyd vanaf die middel van Januarie tot en met die einde van November vir 'n kursus inskryf. Ons aanvaar nie nuwe registrasies tydens Desember nie omdat die somervakansie wat in hierdie tydperk val, alles omver gooi en min mense is in staat om gedurende hierdie tradisionele jaarlikse kuiertyd te kan werk.

 

Hoe en waar registreer ek en wat gebeur na registrasie?

Vir ons gewone skryfkursusse: Klik op die inkopiemandjie  wat op elke kursusleerplanblad aangebring is en volg net die aanwysings. As jy egter reeds besluit het vir watter kursus jy wil inskryf, kan jy op die KURSUSREGISTRASIE-skakel klik, die kursus van jou keuse kies en die aanwysings volg.

Vir ons romankursusse: Om as student vir enige van ons romankursusse te kan inskryf, moet jy eers aansoek doen.

Met alle kursusse sal jy jou verwelkomingsbrief, toewysing aan jou persoonlike opleier en studiepakket binne 24 uur na ontvangs van jou betaling ontvang.

 

 Hoe betaal ek die kursusfooie?

 

 Watter baat sal ek by SA Vryskutskrywer se kursusse vind?

 

Is SA Vryskutskrywer se kursusse geakkrediteer?

Nee, maar ons reik ‘n Sertifikaat van Voltooiing uit as al die vereistes vir ‘n betrokke kursus nagekom is en ons help jou om jou eerste treë op jou vryskutpad te gee. Ons bied ook volledige na-kursus ondersteuning.

 

Aan watter vereistes moet ek voldoen om 'n Sertifikaat van Voltooiing te verwerf?

 

Indien daar enigiets is waaroor jy nog onduidelikheid het, stuur asseblief vir ons jou navraag deur middel van onderstaande aanlynvorm.

Naam:*
Van:*
E-pos:*
Boodskap:*

                          Sluit Venster