SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Vrae en Antwoorde

 

Kan selfstudiekursusse, e-boeke of spesiale verslae my skryfwerk bevorder?


 

Selfstudiekursusse, e-boeke of spesiale verslae bevat waardevolle inligting wat spesifiek op jou behoeftes of mark gerig is. Dit dien as riglyne in die afwesigheid van 'n persoonlike opleier.

Die inligting wat in sodanige selfstudiekursusse, e-boeke of spesiale verslae vervat is, kan enige nuweling - of selfs gesoute - skrywer help om óf te begin skryf (in die geval van beginners), óf 'n sekere aspek van jou skryfwerk te slyp om nóg beter te skryf (in die geval van ervare skrywers).

Bogenoemde publikasies se bykomende voordele is dat dit gewoonlik aansienlik goedkoper is as enige ander hulpmiddels vir skrywers en dit bevat praktiese inligting om jou te help. Boonop vul sulke publikasies enige leemte in 'n skrywer se skryflewe ten opsigte van wenke, taktiek, verbeterde skryfroetines of tydbesteding en kan help met haakplekke of vrae wat dalk ontstaan het.

Kortom bevat spesiale verslae, e-boeke en selfstudiekursusse gerieflike inligting wat onontbeerlik is vir die ernstige skrywer en kan net dien om enige skrywer se skryfwerk te verbeter.

<<<  Kan ek geld met my skryfwerk verdien?

        Wat doen 'n vryskutskrywer? >>>


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse