


Welkom by SA Vryskutskrywer - Kursusregistrasie - Romanskryfkursusse
Hoe om te registreer vir Helene de Kock se Romankursusse
-
Merk die romankursus waarvoor jy wil inskryf uit die lys hieronder, vul die vorm in en stuur.
-
Na ontvangs van jou aansoek sal ons binne 24 uur ontvangs bevestig en 'n e-faktuur met die kursusfooi aan jou stuur.
-
Vir enige van Helene de Kock se Romankursusse moet jy 'n MOTIVERING van minstens 250 - 350 woorde skryf waarin jy ons vertel waarom jy vir die spesifieke kursus wil inskryf en wat jy beoog om daarmee te doen na voltooiing van die kursus. Hierdie skryfstuk sal as jou evaluering dien en beslis of jy toelating tot die skryfkursus kan kry.
-
Jy moet ook die BEGIN van 'n eerste hoofstuk van jou voorgenome roman (lengte minstens 600 tot 800 woorde), asook 'n kort SINOPSIS (± 400 woorde) van die res van die verhaal saam stuur, waarin jou begrip van struktuur en karakterontwikkeling duidelik geïllustreer word. Hierdie twee dokumente moet by jou inskrywingsvorm aangeheg word.
-
Klik hier vir Terme en Voorwaardes.
-
Ná registrasie is die eerste stap om jou voor jou rekenaar neer te plak en te begin SKRYF. Die res sal vanself kom en voordat jy weet wat gebeur, het jy 'n manuskrip of artikel wat jy aan 'n publikasie kan stuur...
Betalings
- Betaalopsies
Wat die kursusfooie betref, bied ons twee betaalopsies:
-
Die vereffening van die volle kursusfooi met registrasie. Alle kursusmateriaal word direk ná registrasie aan die student gestuur. Betalings kan deur middel van enige betaalmiddel geskied.
-
Afbetaling in 2 paaiemente: Dié betaalopsie kan ongelukkig weens logistieke beperkinge slegs met 'n direkte betaling in SA Vryskutskrywer se bankrekening gedoen word - 60% van die kursusfooi verskuldig is by registrasie betaalbaar - met ander woorde, voor die aanvang van die kursus en voordat enige kursusmateriaal aangestuur word. Die tweede paaiement - wat die oorblywende 40% van die kursusfooi verteenwoordig - is die daaropvolgende maand betaalbaar. Let egter daarop dat in die geval van dié betalingsopsie, slegs die helfte van die kursusmateriaal in die eerste maand aangestuur sal word. Die res sal by betaling van die tweede en laaste paaiement aan die student verskaf word. [LET WEL: Hierdie afbetalingsreëling geld slegs kursusse waar die kursusfooie R2 000 en meer beloop. Enige kursusse met kursusfooie van minder as R2 000 is dus onderhewig aan 'n eenmalige betalingsooreenkoms sonder die keuse van afbetaling.]
Wyses van betaling
SA Vryskutskrywer bied in
samewerking met die Suid-Afrikaanse aanlynbetaalagent,
'n
verskeidenheid betaalmetodes:
-
Direkte betalings in SA Vryskutskrywer se bankrekening. Bankbesonderhede word op die e-faktuur verskaf wat met aanvaarding van registrasie aan studente gestuur word.

-
Veilige kredietkaart- of aanlynbetalings. Volledige besonderhede word op die e-faktuur verskaf wat met aanvaarding van registrasie aan studente gestuur word.
![]()
![]()
![]()
Registreer nou vir die Romanskryfkursus van jou keuse:


