


Welkom by SA Vryskutskrywer - Kursusregistrasie - Spesiale kursusse
Hoe om te registreer vir Taalversorging saam met Jeanette
-
Vul die vorm in, heg jou teksdokument(e) aan en stuur.
-
Ons sal binne 24 uur ontvangs van jou registrasie bevestig en 'n e-faktuur met die toepaslike fooi en die beskikbare betalingsopsies* aan jou stuur.
Betalings
Wat die fooie betref, bied ons DRIE betaalopsies*:
Betaalopsie 1: Die vereffening van die volle fooi met registrasie: Alle kursusmateriaal word direk ná registrasie aan die student gestuur.
Betaalopsie 1: Afbetaling in 2 paaiemente: Dié betaalopsie geskied in twee paaiemente van 50% elk - met ander woorde, jy betaal die volle kursusfooi in twee gelyke paaiemente af. Jou eerste paaiement is verskuldig met registrasie en voordat enige kursusmateriaal aangestuur word. Die tweede paaiement - wat die oorblywende 50% van die kursusfooi verteenwoordig - is die daaropvolgende maand betaalbaar. Let egter daarop dat in die geval van dié betalingsopsie slegs die helfte van die kursusmateriaal in die eerste maand aangestuur sal word. Die res sal by betaling van die tweede en finale paaiement aan die student verskaf word.
Betaalopsie 2: Afbetaling in 3 maande: Dié betaalopsie bevat 3 (drie) gelyke paaiemente wat oor 'n tydperk van 3 (drie) maande vereffen word. Die betalings geskied een keer per maand en die kursusmateriaal word volgens die afbetaling aangestuur: een derde van die kursuspakket met registrasie en betaling van die eerste paaiement, nóg 'n derde by betaling van die tweede paaiement en die res na betaling van die derde paaiement.
-
BELANGRIK: Lees asseblief Terme en Voorwaardes vir BETALINGS hier.
Betaalwyses
Veilige aanlynbetalings deur
middel van kredietkaarte, internetbankbetalings, ens. word in samewerking met die Suid-Afrikaanse betaalagent,
, aangebied.
-
Ons verskaf ook SA Vryskutskrywer se bankbesonderhede indien jy verkies om eerder 'n direkte inbetaling by 'n bank of OTM te maak:
Bank: ABSA
Tak: 63 01 38 (Klerksdorp)
Rekeninghouer: SA Vryskutskrywer
Rekeningnommer: 405 237 4217
Registreer NOU vir Taalversorging saam met Jeanette:



