Welkom by SA Vryskutskrywer - Kursusregistrasie -  Skryf 'n Roman

 

Hoe om te registreer vir Jeanette Ferreira se Romankursusse

 

Betalings

Wat die kursusfooie betref, bied ons twee betaalopsies:

  1. Die vereffening van die volle kursusfooi met registrasie. Alle kursusmateriaal word direk ná registrasie aan die student gestuur. Betalings kan deur middel van enige betaalmiddel geskied.

  2. Afbetaling in 2 paaiemente: Dié betaalopsie kan ongelukkig weens logistieke beperkinge slegs met 'n direkte betaling in SA Vryskutskrywer se bankrekening gedoen word - 60% van die kursusfooi verskuldig is by registrasie betaalbaar - met ander woorde, voor die aanvang van die kursus en voordat enige kursusmateriaal aangestuur word. Die tweede paaiement - wat die oorblywende 40% van die kursusfooi verteenwoordig - is die daaropvolgende maand betaalbaar. Let egter daarop dat in die geval van dié betalingsopsie, slegs die helfte van die kursusmateriaal in die eerste maand aangestuur sal word. Die res sal by betaling van die tweede en laaste paaiement aan die student verskaf word. [LET WEL: Hierdie afbetalingsreëling geld slegs kursusse waar die kursusfooie R2 000 en meer beloop. Enige kursusse met kursusfooie van minder as R2 000 is dus onderhewig aan 'n eenmalige betalingsooreenkoms sonder die keuse van afbetaling.] 

 

Wyses van betaling

SA Vryskutskrywer bied in samewerking met die Suid-Afrikaanse aanlynbetaalagent, 'n verskeidenheid betaalmetodes:

  1. Direkte betalings in SA Vryskutskrywer se bankrekening. Bankbesonderhede word op die e-faktuur verskaf wat met aanvaarding van registrasie aan studente gestuur word.

 

 

 

  1. Veilige kredietkaart- of aanlynbetalings. Volledige besonderhede word op die e-faktuur verskaf wat met aanvaarding van registrasie aan studente gestuur word.

 

                                                

Registreer nou vir die Romanskryfkursus van jou keuse:

    

Kies jou kursus:* Historiese Roman
Afrikaanse Roman
Naam:*
Van:*
Adres:*
Dorp/Stad:*
Poskode:*
Telefoon:*
Selfoon:
E-pos:*
Beroep:*
Ouderdom:*
Betaalopsie:* Volle kursusfooi
Afbetaling
Vertel ons in minstens 500 woorde waarom jy vir die kursus wil inskryf en wat jy daarmee beoog:*
Ek het die Terme en Voorwaardes gelees en aanvaar dit:* Ja

 

Skryfkursusse                               Sluit Venster