Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief

Nuusbrief #11/2016 - 27 November 2016

 

Martin Steyn

As Martin Steyn 'n bouler was, was hy uiters gesog want met DRIE gepubliseerde boektreffers binne slegs DRIE jaar spog hy gewis met 'n driekuns soos min!  Met boek- en publisteitstoere wat tans amper al sy tyd in beslag neem, moes redakteur MARTIENS FOURIE 'n boultoertjie van sy eie uitvoer om die bekroonde skrywer vir 'n wyle vas te pen om 'n paar vrae vir ons te beantwoord. Lees hier meer omtrent Martin en sy geheim vir skryfsukses.

 

1. Skrywers het gewoonlik nie n pensioen nie. Boeke maak skrywers meestal nie ryk nie. Waarom skryf jy?

Ek skryf want dis die ding in die lewe wat ek die graagste wil doen. Dis my droom. Ek het begin skryf n ek Stephen King ontdek het. Om in sy wrelde weg te raak, was vir my magic en ek wou dit ook h, dit ook skep. Die gehalte van my eerste stories was maar tragies, maar dit ws magic, en ek was verlief daarop. Vir my was skryf nooit genoeg nie: Stephen King het die hele pakket aan my verkoop - om te skryf, om gepubliseer te word, om gelees te word. Dit het lank geneem, maar vandag is ek bevoorreg om hierdie droom te leef.

2. Waar kry jy jou idees en storielyne vir n boek vandaan?

Ek lees graag ware misdaad en baie keer is dit waar die saadjie vandaan kom. Die reeksmoordenaar in Donker Spoor is genspireer deur n regte reeksmoordenaar. Sy storie was vir my interessant en ek het basies sy persoonlikheid en sielkunde gevat om my karakter mee te bou. Die idee vir die manuskrip waarvoor ek tans navorsing doen, is n misdaad wat in Kaapstad afgespeel het. n Mens werk ook met wat jy in jou lewe ervaar, byvoorbeeld Emma se voltjie (ook in Donker Spoor) wat wag dat sy stukkies spekvet of kaas uitsit, kom van n janfrederik af wat dieselfde verhouding met my ma gehad het. En partykeer voel dit of n idee amper uit die niet uit kom: Skuldig het net een dag in my brein oopgevou.

3. Hoeveel navorsing doen jy? Waar kry jy jou inligting?

Goeie navorsing is vir my belangrik en dis ook belangrik vir die soort stories wat ek skryf. Gevolglik doen ek baie navorsing. En gelukkig hou ek daarvan om dit te doen. Gewoonlik bestaan dit uit n kombinasie van leeswerk en veldwerk. In Skuldig word die slagoffers in die voorkop geskiet. Ek het oor vuurwapens gelees en toe het ek met n forensiese deskundige by die ballistiekafdeling gaan praat om te hoor hoe my moordtoneel sal lyk en hoe dit in Suid-Afrika ondersoek sal word. Later is daar n toneel waar iemand met n skerpskuttergeweer van n gebou se dak af op n motor skiet. Ek het Seepunt toe gery en gaan kyk van watter gebou af so n skoot moontlik sal wees, of die siglyn sal werk, en so aan. Ek hou daarvan om my stories in ns wreld te plaas, so ver moontlik.

4. Hoekom skryf jy juis oor sulke wrede, soms onmenslike goed?

Omdat dit my interesseer en my pla. Ek het oorspronklik Engelse gruwelverhale geskryf, want dis wat ek gelees het. Maar toe ek reeksmoordenaars ontdek het, het hulle my gefassineer. Hoekom jag hulle ander mense vir plesier? Wat maak hulle so? Ek het oor regte reeksmoordenaars gelees en later oor profielsamestelling. En ek het sielkunde en kriminologie gaan studeer. Dt het my idees benvloed. Ek het begin dnk oor reeksmoordenaars. Ek is ook geneig om oor geweld teen vroue te skryf, want dis iets wat my pla. As n vrou in Suid-Afrika vermoor word, is die kans groter dat dit die man in haar lewe was as enigiemand anders. Verkragting het al epidemiese afmetings aangeneem. Daar is niks in Donker Spoor, Skuldig of Swartval wat nog nie regtig gebeur het nie. Inteendeel, ek het al erger dinge in ware misdaadboeke of in die koerante gelees. Dit word dalk beskryf as onmenslik, maar dis mnse wat dit doen. Dis nie vampiere of weerwolwe of monsters nie, dis ns. Dit gebeur in ons samelewing, in ons tyd. Dis die wreld waarin ons leef.

5. Wanneer en waar skryf jy?

Ek skryf hoofsaaklik by my lessenaar op my rekenaar. Soms, veral in die winter, skuif ek saans met my skootrekenaar bed toe. Maar ek het n hoofstuk van Skuldig in Sedgefield geskryf, want dis waar ek my n week lank bevind het, so daar is uitsonderings. Ek het nie vasgestelde skryftye nie. Wanneer ek regtig aan n manuskrip werk, kan ek die oggend begin en eers die aand twaalfuur my rekenaar afsit. Dit beteken ongelukkig nie ek maak heeltyd vordering nie, want daar is maar gewoonlik verskeie periodes van staar betrokke. Dit hang ook af wat verder aan die gang is. Die vorige manuskrip se bladproewe kan afgelewer word en ek moet dit tussendeur proeflees, of daar is n onderhoud vir SA Vryskutskrywer of n praatjie om voor te berei. Of ek skryf aan Swartval en Claire word in n gitswart kelder aangehou en ek onthou van sensory deprivation uit my sielkundestudies en ek moet eers die storie los en daaroor gaan oplees omdat dit waarskynlik met haar sal gebeur.

6. Hoe gaan jy te werk as jy n boek begin?

Ek werk nie die storielyn voor die tyd uit nie, maar probeer die navorsing doen wat ek weet ek nodig sal kry. Ek is nou in hierdie fase met my volgende manuskrip. Dis n situasie waaroor ek nog nie geskryf of navorsing gedoen het nie. Omdat die idee van n werklike Suid-Afrikaanse saak af kom, het ek die berigte gelees en ook met n speurder gepraat wat daarby betrokke was. Op die oomblik lees ek n boek oor hoe sulke situasies hanteer word, nou wel in die Amerikaanse konteks, maar die beginsels is nuttig. En daar is nog n polisieman met wie ek moet praat. Verder het ek met Swartval begin om meer karakterwerk te doen voor ek enigsins begin skryf en dit het nogal goed gewerk - so ek is ook daarmee besig. Sodra dit alles gedoen is, sal ek met die eerste toneel begin en kyk hoe dinge vorder, en verder navorsing doen soos benodig.

7. Daar is baie mense wat graag wil skryf. Wat sou jy s is die eienskappe waaroor n voornemende skrywer moet beskik?

Hardkoppigheid en deursettingsvermo, want jy moet weier om op te gee. Die bereidwilligheid om te luister na mense wat meer weet as jy. Die bereidwilligheid om hard te werk. En n liefde en passie vir skryf, want daar is baie dinge wat makliker en finansieel meer lonend is.

8. Skryf jy met die bedoeling om sosiale kommentaar te lewer, of omdat jy iets in die media raakgesien het en n storie daarvan wil maak of is alles suiwer fiksie?

Ek skryf met die doel om n goeie storie te vertel. Maar daar is beslis sosiale kommentaar, want ek skryf oor kwessies waaroor ek sterk voel. Nogtans, ek hou nie daarvan om op n krat te spring en te preek of vinger te wys nie. Ek verkies dit om eerder n situasie te skets wat vrae vra en dit aan die leser oor te laat om daaroor te dink, of nie. In Skuldig kom geregtigheid buite die regstelsel voor. In ons land bly soveel misdaad ongestraf, word soveel misdadigers te lig gestraf. Ons is gefrustreerd. Regverdig dit iets soos n vigilante? Deur die loop van die storie word verskillende aspekte belig, maar die boek wys net die gevolge, dit bied nie n oplossing aan nie. Madri Victor het by Swartval se bekendstelling in Durbanville ges misdaadfiksie is n tydsdokument, n soort rekord van wat in die samelewing aangaan.

9. Wat is vir jou die moeilikste aspek van die skryfproses?

Ek het lank hieroor gedink en ek weet nie. Daar is niks wat uitstaan nie. Dit wissel ook. Ek sukkel soms met die titel: Swartval was baie lank net no 3, maar met Skuldig was dit saam met die idee al daar. Dit was n groot uitdaging om die hele Swartval uit n vroulike perspektief te skryf. Maar ek voel nie skryf is moeilik nie. Dis ook nie maklik nie. Elke boek het sy uitdagings en dis deel van wat skryf lekker maak, om daardie pad te loop, afdraaipaadjies te volg, verstrengel te raak, in gate te val, jou pad uit te vind en te kyk waar jy uiteindelik uitkom.

10. Bereik jy ooit n dooie punt in n manuskrip, of n plek waar die karakters hulle nou vasgedraai het en nie weet hoe om daar uit te kom nie? Wat maak jy dan?

Ek het gelukkig nog nie regtig n dooie punt bereik nie, maar ek het al met tye vasgesit. Ek skryf nogal baie op gevoel, uit my onderbewussyn, hoe jy ook al daarna wil kyk, en ek het nogal baie vertroue in daardie instink. Soms is daar net n bietjie tyd nodig vir dinge om uitgewerk te word. Ek gaan slaap onseker en die volgende oggend wanneer ek voor die rekenaar inskuif, is die antwoord daar. Ek het al per geleentheid in die nag wakker geword met nuwe insigte.

11. Sou jy s dat jou algemene taalgebruik en spelvermo 100% is?

Nee, en ek kan my geredigeerde manuskripte uithaal om dit te bewys!

12. Het jy, nadat die manuskrip aanvaar is, in alle opsigte na jou redigeerder geluister?

Wel, eerstens is daar my uitgewer se terugvoer. Sy besluit of sy met die manuskrip wil werk of nie. Indien wel, gaan dit na n manuskripontwikkelaar toe vir n verslag. Met al drie my manuskripte was dit Chanette Paul gewees. Ek het al met Donker Spoor geleer dat haar opmerkings baie waardevol is en dit lei telkens tot veranderinge wat die manuskrip sterker maak. Daar is wel opmerkings waarmee ek nie saamstem nie of dinge waaraan ek nie wil verander nie. Daarna is dit die teksredigering waar die fokus op die tegniese taalaspekte is: woordkeuses, stelswyses, sinskonstruksie, punktuasie. Dis n wisselwerking, veral wanneer dialoog betrokke is.

13. Wie is jou skryfhelde (plaaslik, Afrikaans en internasionaal)?

Daar is n hele paar skrywers wat my bendruk en/of inspireer, soos Tana French, Jodi Picoult, Deborah Steinmair. Ek het onlangs baie lekker aan Irma Venter se Skoenlapper gelees. Maar daar is net een skrywer wat ek as n held of n rolmodel beskou, en dis Stephen King.

14. Wat is jou siening oor selfpublikasie? En indien iemand dit wil doen: Wat is die minimum prosesse of stappe waardeur n publikasie steeds moet deurgaan?

Ek verkies maar die tradisionele roete, veral noudat ek dit self ervaar het. Ek sien met elke manuskrip die verskil wat mense met jare se ervaring en wysheid maak. En natuurlik is daar die kwessie van bemarking. Met n uitgewer soos LAPA is al die komponente wat nodig is daar, in plek, en geolie. Selfpublikasie moet nog steeds n professionele produk lewer, minstens in terme van redigering, uitleg en voorblad. Ek dink die groot uitdaging is om te luister na ander wat meer weet, want as jy self publiseer, hoef jy nie.

15. Jy het nou in drie jaar drie boeke gepubliseer. Kan ons elke jaar n nuwe boek verwag? Sal jy ooit n ander genre vir publikasie aanpak?

Ek hoop om n boek n jaar te skryf. Dis die plan en die idees is daar. Wat genres betref, ek het n paar ander stories, maar ek kan nie s wanneer ek daarby sal uitkom nie.

2016. SA Vryskutskrywer. Alle Regte Voorbehou.

Besoek Martin se webtuiste by http://www.martinsteyn.com/ vir volledige inligting oor jou gunsteling skrywer en sy publikasies.

 

Het jy lus om jou gedagtes neer te skryf en gepubliseer te kry? Volg dan een van ons SKRYFKURSUSSE en kom sommer vandag nog aan gang daarmee. Iewers sit iemand en wag om jou pennevrug te lees ... Klik hier vir 'n lys van ons skryfkursusse.

 Skryfkursusse

Professionele dienste

 Kuberwinkel

 Blitskursusse

Selfstudie

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

     Vertel 'n vriend van ons  

 

 Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse