Naomi Myburgh
Kursussamesteller en -opleier:
Fotojoernalistiek
Reisjoernalistiek

My passies: joernalistiek, fotografie, reis en natúúrlik mense. In 2008 verwerf ek my diploma in Tour Operator Management deur UNISA – ‘n natuurlike uitvloeisel van my liefde vir reis.
My inspirasie vir stories vind ek in die alledaagse dinge wat rondom my gebeur. Dieselfde geld vir fotografie. Wat reis aanbetref... ek verkies om dit solo te doen - met slegs my kameras en rugsak as reisgenote.
Foto's is die kosbaarste besittings wat 'n mens met jou kan saamdra. 'n Deel van my bly altyd agter wanneer ek 'n foto-artikel doen.
