Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Kompetisies

 

LAPA se Afrikaanse Romanskryfkompetisie

LAPA stuur vanjaar vir die eerste maal in sy geskiedenis ‘n romankompetisie van stapel. Nie net is dit vir LAPA uiters belangrik om kwaliteit Afrikaanse leesstof te publiseer nie, maar dit is ook vir LAPA belangrik om skrywers die nodige erkenning te gee.

LAPA nooi alle skrywers om deel te neem aan die LAPA 2010 Afrikaanse Romankompetisie. Daar is geen voorgeskrewe lengte of tema nie en debuut sowel as reeds gepubliseerde skrywers kan deelneem. Die enigste vereiste is dat die manuskrip ‘n nuutgeskrewe Afrikaanse teks moet wees.

Die skrywer van die wenmanuskrip ontvang R100,000 in kontant en die tweede prys is R50,000.

Die sluitingsdatum is 30 September 2010. Alle inskrywings moet gestuur word na LAPA se 2010 romankompetisie, Posbus 123, Pretoria, 0001. Alle inskrywings moet vergesel word van ‘n inskrywingsvorm vir die kompetisie en ‘n volledige dekbrief. Vir meer inligting asook inskrywingsvorms, besoek www.lapa.co.za of kontak LAPA se bemarkingsafdeling by Tel: 012 401 0700 of lapa@lapa.co.za.

 

Terug na vorige blad