Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Kompetisies

 

LAPA se 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie

Sluitingsdatum: 30 September 2010

LAPA weet dat lees in die moedertaal onontbeerlik is vir enige kind se ontwikkeling. LAPA bied graag aan tieners plaaslik ontwikkelde boeke waarby hulle aanklank kan vind. Daarom het LAPA besluit om ’n Afrikaanse Jeugromankompetisie van stapel te stuur.

LAPA nooi skrywers van jeugboeke om deel te neem aan die LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie. Daar is geen voorgeskrewe tema nie, maar dit moet Afrikaanse tekste van 25 000 tot 45 000 woorde wees waarmee tieners kan identifiseer. Inskrywings moet alleenstaande enkeltitel-jeugromans wees en nie deel vorm van ’n beoogde reeks nie. Die teikenouderdom is 13 tot 18 jaar.

Daar is drie pryse op die spel:

Die sluitingsdatum is 30 September 2010. Alle inskrywings moet gestuur word na LAPA 2010 Afrikaanse Jeugromankompetisie, Posbus 123, Pretoria, 0001. Alle inskrywings moet vergesel word van ’n inskrywingsvorm vir die kompetisie en ’n volledige dekbrief. Bepalings en voorwaardes geld.

Vir meer inligting en om inskrywingsvorms te bekom, besoek www.lapa.co.za of kontak LAPA se bemarkingsafdeling by Tel: 012 401 0700 of lapa@lapa.co.za.

 

Mediamekka                            Sluit Venster