LAPA Lekkerlit-kompetisie: Stem
vir jou gunsteling boek!
10
maande, 10 boeke. Net een boek sal wegstap met
die titel: LAPA Lekkerlit-boek van die jaar. En
jý, die leser, besluit wie die wenner is. LAPA
glo lesers en skrywers stap hand aan hand:
daarom wen die Lekkerlit-boek van 2012 se
skrywer én een gelukkige leser elk R10 000
kontant!
Vanaf 1 Februarie tot 30 November 2012 kies LAPA
Uitgewers elke maand 'n Lekkerlit-boek: 'n
mengsel van spanning, romanse en avontuur. Elke
maand kan een leser R1 000 kontant wen deur op
LAPA se facebookblad 'n maklike vraag oor die
Lekkerlit-boek van die maand te beantwoord.
Benewens die kompetisievraag sal jy hier ook
besprekings van die boeke, vrae vir leeskringe,
onderhoude met die skrywers en ander brokkies
inligting kry. In Desember, wanneer al tien
boeke gelees is, stem lesers oor die beste
Lekkerlit-boek van die jaar.
Lesers kan op drie verskillende maniere vir die
kompetisie inskryf en stem:
LAPA se facebookblad
LAPA se mobi webwerf: www.lekkerlit.mobi
SMS: 33618. Die kodewoord is LAPA. R1,50
per sms.
Februarie se Lekkerlit-boek is Die soenoffer
(Isa Konrad). Op negejarige ouderdom was Isobel
Swart 'n reeksmoordenaar. Nou, vyftien jaar
later, wil sy haar storie vertel, maar slegs as
dit Wessel Janke is wat die onderhoude doen. 'n
Donker riller met skop!
Besoek LAPA se facebookblad vir 'n bespreking
van Die soenoffer en die kompetisievraag.
Maak seker jy lees al tien boeke gedurende die
jaar. Wie weet, dalk stap jy weg met daardie R10
000 kontant.
Vir meer inligting en navrae, kontak LAPA
Uitgewers se kommunikasiebestuurder, Samantha
Buitendach, by 012 401 0700 en
samantha@lapa.co.za.
Nog
nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik
hier en kry dadelik jou gratis
geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.
Klik
hier om in te teken op
JOU
VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.
SA Vryskutskrywer
is gebore uit 'n behoefte vir en leemte aan hulpmiddels en ondersteuning, asook
'n tekort aan 'n wye verskeidenheid aanlynkursusse vir die duisende
Afrikaanse vryskutskrywers hier en in die buiteland. Die webtuiste word bedryf
deur kenners op elke gebied van die Afrikaanse skryfkuns.
Ontmoet die skrywers
...