


Welkom by SA Vryskutskrywer - Boekrak 2
Hierdie gedeelte is spesiaal vir Afrikaanse boekwurms met vars nuus oor skrywers en boeke.
Kristel Loots se 'n Lipstiek-lewe
Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand. Lees verder ...
M-Net Letterkundepryse: Eben Venter en
Karin Brynard wen
Die romanskrywer Eben Venter het met sy roman Santa Gamka geseëvier in die Afrikaanse kategorie van die M-Net Letterkundepryse. Dié gesogte pryse is Saterdagaand in die Table Bay-hotel in Kaapstad bekendgemaak. Venter het ook Vrydagaand tydens die Via Afrika-toekennings die W.A. Hofmeyr-prys vir dié roman gewen. Lees verder ...
Eugene Terre'Blanche vertel self sy storie
Die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, se eie weergawe oor sy lewe van storm en drang gaan kort na sy dood vir die eerste keer vertel word soos wat hy dit ervaar het. Lees verder ...
Ken jou storie met dié relaas - Deon Meyer: Wie met vuur speel
Al is dit die enigste boek wat julle dié winter lees, moenie Deon Meyer se nuutste, Wie met vuur speel, misloop nie. Dis ’n ideale boek om mee op te krul voor die kaggelvuur onder ’n snoesige kombers met ’n glasie wyn daarneffens. Lees verder ...
Nuutste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
Terwyl die negende uitgawe (2002) van die AWS hersien is met die Spelreëls as uitgangspunt, is die tiende uitgawe hersien met die Woordelys as uitgangspunt. Lees meer ...
Bundel met meer om lyf as wat titel sê - Marico so mambas
Blykbaar vanweë die nuwe staatkundige bestel publiseer al hoe meer skrywers van gevorderde leeftyd deesdae kontreiverhale. Lees verder ...
15 jaar se wag werd - Jeanne Goosen se Plante kan Praat
Jeanne Goosen se kortverhaalbundel Plante kan praat is haar eerste in 15 jaar. Sy skryf (weer) oor karakters soos Joey van Parow wat haar stompie in ’n piering dooddruk en ’n vrou wat glo dat jy in “Durbs” ’n mes moet hê. Lees verder ...
Verhaal van hoop - EKM dido - Die storie van Emma en Nella
Toe Rapport se susterkoerant Die Burger so twee jaar gelede ’n veldtog teen die dwelm tik gevoer het, het ’n vervolgverhaal waarin EKM Dido dié probleem takel in die Kaapse koerant verskyn. Lees verder ...
Ongesteld of kreatief?
“Nadat my eerste twee slanke digbundels verskyn het, is ek jou werklik waar in ’n onderhoud gevra nie of ek gaan selfmoord pleeg nie, maar wanneer. Tensy jy bereid was om jou lewe te waag – of liewer, daarvan afstand te doen – kon jy nie verwag om ernstig opgeneem te word as vroulike digter nie. So het die mitologie bepaal.” Lees verder ...
Rusbankreis met resepte - Die Honger Reisiger - Marie Heese
Marié Heese se Die honger reisiger wag op my lessenaar toe ek terugkom van ’n week lange reis deur die Karoo. Lees verder ...
Gaums se boek oor seksgrense verskyn - Praat verby Grense
Die kerk-swaargewig en sy sensasionele voorbladseun. Dís hoe dr. Frits Gaum en sy seun Laurie beskryf word op die agterblad van pa en seun se gesamentlike boek, Praat verby grense, wat pas verskyn het. Lees verder ...
Chick-lit wat jou laat LOL - Donatella en Volksie
Chick-lit is ’n taamlik nuwe genre in Afrikaans. Dat Donatello en Volksie boonop deur ’n man geskryf is, maak daarvan selfs meer van ’n nuutjie. Lees verder ...
Waar is al die SA kinderboeke?
Ouers kla steen en been, en waarskynlik heeltemal tereg, dat hulle nie meer lekker kinderboeke vir hul kinders kry nie. Lees verder ...
Hennie Aucamp - Liefdesverhale wat Tsjechof herroep
Die tema van Hennie Aucamp se jongste bundel kortverhale is die liefde – aweregse en/of onwaarskynlike liefde. Elk van die liefdestories het wel ’n ongewone aard en verbeeld hetero- sowel as homoseksuele verhale of episodes. Lees verder ...
Kan Keurboslaan nog werk?
Stella Blakemore se Keurboslaan-reeks (destyds onder die skuilnaam Theunis Krogh geskryf) handel oor die teruggetrokke en fynbesnaarde, maar briljante jong doktor Roelof Serfontein, wat onverwags, ná ’n persoonlike tragedie, op Keurboslaan beland. Lees verder ...
Helene de Kock - Somersneeu
Die skrywer Helene de Kock gryp al jare die verbeelding van lesers aan met karakters se inspirerende liefdes- en lewensavonture. Hier vertel sy hóé. Lees verder ...
Anton F. Prinsloo - Spreekwoordeboek met 3 000 uitgebrei
Goeie nuus vir almal wat waarde aan Afrikaans heg, is dat die tweede uitgawe van Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom nou met 3000 spreekwoorde uitgebrei is tot 11000. Dit is ’n toename van meer as 37%. Lees verder ...
Carla van der Spuy - Platsakwenke
Volledige RSG-onderhoud. Hoe het die gedagte aan die boek Platsakwenke ontstaan en hoe het dit gebeur. Lees verder ...
Bettina Wyngaard - Troos vir die gebrokenes
Dié aktuele debuutroman oor ’n bruin gemeenskap in Grabouw is veel meer as ’n “bruin boek”. Soos die titel aandui, is dit die verhaal van ’n groep mense wat bitter swaarkry en wat eintlik enige plek ter wêreld bymekaargegooi kon gewees het. Lees verder ...
Hanlie Retief praat met Karin Brynard -Plaasmoord
“As ’n sigeunervrou jare gelede voorspel het ek gaan op Sondag 13 Desember 2009 ’n kinderlose suiplap wees met borskanker en ’n misdaadboek op my kerfstok, het ek my geld teruggevra.” Lees verder ...
Deel |
Nog
nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik
hier en kry dadelik jou
gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.



