Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Bedryfsnuus

 

Direksie besluit vrouetydskrif “Femina” moet sluit

12-02-2010

Die Media24-vrouetydskrif Femina sing sy swanesang.

Me. Liezl de Swardt, uitgewer van woman 360, ’n sake-eenheid van Media24, het gesê die maatskappy se direksie het voorgestel dat die tydskrif om finansiële oorwegings gesluit word.

De Swardt het gesê die tydskrif het sy personeel gister oor die direksie se voorstel ingelig. Die maatskappy begin vandag met oorlegpleging met die werknemers.

Ongeveer 18 personeellede word geraak. Daar word probeer om hulle op ander plekke in die maatskappy te plaas. Femina se verkope het die laaste tyd deurgaans gedaal.

De Swardt het gesê dit is nie 'n uitgemaakte saak dat die publikasie gesluit gaan word nie. “Daar moet nog baie water in die see loop.”

Beeld verneem egter op goeie gesag die besluit om Femina te sluit is reeds deur Media24 se direksie bekragtig.

Media24 het Femina in 2006 by Raphaely Khunel Publishing (Edms.) Bpk. gekoop.

Bron: Beeld

 

Mediamekka                            Sluit Venster