Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka

                       

      

Bedryfsnuus

 

eNews verwelkom nuwe Afrikaanse nuusafdeling

1 Julie 2010

eNews het vandag hulle nuwe Afrikaanse nuusafdeling verwelkom. Die Afrikaanse nuusspan sal ‘n Afrikaanse nuusdiens aan kykNET verskaf. Dit is ‘n verlenging van die ‘e’ handelsmerk en sal eNuus genoem word.

eNuus val onder die bestuur en redaksionele beheer van eNews, en sal gelei word deur Andries Cornelissen wat aangestel is as nuusredakteur. Veteraan joernalis Freek Robinson sal die hoofanker wees van die eNuus-bulletin. Die sterk eNuus span bestaan uit LiMari Louw, Genee Heyl en Anina Peens. Sportnuus sal deur Jean-Paul Keyter en Francois Nolte hanteer word.

Patrick Conroy, Groephoof: eNews afdeling, sê die volgende: “Die span sal begin met opleiding in die eNews werksstelsel en hulle kollegas beter leer ken by eNews Prime Time, die eNews Channel en eNews Africa wat die ander afdelings van die nuusbesigheid vorm.”

Die loodsdatum moet nog bevestig word. Vir eers fokus die span op opleiding en voorbereiding.

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster