


Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Skryfloopbane
Loopbane in die Skryfbedryf: Skrywer/Outeur
Gcina Mhlope is
lief vir stories sedert haar geliefde grootmoeder haar geleer het om haar
verbeelding te laat sweef waartydens sy wêrelde onder die see en bokant die
wolke met haar verbeelding optower.
Verlede jaar het hierdie outeur van 15 boeke, wat ook talle letterkundige pryse, sowel as nominasies, tydens die onthulling van die Wêreldbeker ontvang. Dit was slegs een van die hoogtepunte in die lewe van hierdie talentvolle aktrise, storieverteller, draaiboekskryfster en skryfster, of outeur.
Wesenlik
Outeurs, ook bekend as skrywers, romanskrywers of biograwe ontvang 'n outerusaandeel van tussen 10% - 15% van die verkoopprys van hulle boek. 'n Blitsverkoper in Suid Afrika verkoop 3000 kopieë. Indien jou boek teen R100 verkoop, sal jy R30 000 – R45 000 ontvang. Gcina sê: Jy skryf nie vir die geld nie, en jy vul jou inkomste met ander betalende werk aan."
Werksbeskrywing
"Ek behou 'n goeie roetine vir skryftye, besluit waaroor ek wil skryf, doen navorsing, berei 'n plan voor en begin dan met werk. Daar is altyd baie herskrywery. Indien jy gelukkig is, het jy 'n redakteur wat jou help om alles te verfyn en herskryf. Jou eerste sitting sal jou nie die finale weergawe gee nie. Vasstelling, vorming en besluitneming waarheen om 'n hoofstuk te neem is 'n veeleisende proses. Maar dit is ook heerlik. Dit is lonend – soos om 'n kind groot te maak."
Nodige studies of ondervinding
Universiteite bied kreatiewe skryfkuns, joernalistiek en kommunikasie kursusse aan. "Kry al die onderrig wat jy kan, maar onthou, geen kwalifikasie maak 'n skrywer van jou nie. Skryf maak 'n skrywer van jou. Die belangrikste ding is om te lees, lees, lees. Wanneer jy oor gebreekte harte skryf, moet jy nie dink dat jy die enigste persoon is wat ooit daaroor geskryf het nie. Indien jy lees, sal jy ontdek dat iemand anders dit reeds gedoen het – 79 jaar gelede – en veel beter as jy dit kon doen. Om te lees is die skrywer se beste onderrig."
Tipe Persoonlikhede
Die belangrikste karaktertrek as skrywer is om oplettend te wees. "Jy moet allerhande dinge raaksien om 'n storie op papier neer te skryf. Kyk hoe 'n ma-eend haar kleintjies leer om te swem. Let op na haar beskermende houding, en bring dit dan in 'n kortverhaal op 'n verfrissende manier aan." Gcina sê skrywers is nuuskierige afluisteraars. "Die familie is nooit veilig nie! Skrywers begin dikwels met dit wat hulle reeds ken. Jy kan nie oor dinge skryf wat jy nie ken nie. Jy moet leef, 'n smaak vir die lewe hê."
'n Gemiddelde dag.
Gcina neem ontbyt baie ernstig op, want daar is geen waarborg dat sy middagete sal geniet wanneer die dag begin nie. "Ek gaan my dagboek na vir afsprake of onderhoude wat ek dalk misgeloop het. Indien dit 'n skryf dag is, sit ek jazz musiek op, skakel my rekenaar aan en begin skryf. Ek luister na al die geluide in die omgewing. Tydens wanneer ek optree of reis, hou ek daarvan om laatnag te skryf. Dit is die beste soort stilte – die ure voel langer omdat niemand aan die deur klop nie, en die telefoon lui nie."
Die ergste van hierdie werk
"Die pas van my lewe beteken dat ek teen die horlosie meeding om te skryf. Dis 'n fyn balans om moeder, vrou, tuisskepper en kunstenaar te wees. Dit is gemengde seëninge om opdragte te kry, want ek verloor so 'n bietjie geestelike vryheid wanneer ek teen spertyd werk.
Die ander moeilike saak is dat jy jouself aan alle soorte kritiek blootstel. Sommige kritiek is regverdig en help jou om as kunstenaar te groei, en sommige is persoonlik en jy moet daaraan gewoond raak. Dis in orde as ander mense jou werk anders sien as wat jy dit sien. Jy kan nie verwag dat almal gedurig "Ja, Mevrou," al die tyd moet sê nie.
Die beste deel van die werk
"Wanneer jy skryf, skryf jy net vir jouself. Die dwang is 'skryf, of gaan onder' omdat daar geen alternatief is nie. Jy moet skryf om verstandig te bly. Dan word jou werk uitgegee en haal 'n gehoor. Jy het nooit die reaksie verwag nie. Jy het gedink hulle gee nie 'n flenter om nie. Die beste beloning is wanneer 'n boek onder 'n wye leserskring gewild raak. Wanneer jy jou werk weer lees, vra jy: 'Het ek dit regtig geskryf?' Wanneer ek terugkyk, besef ek dat ek deur 'n hoër mag beset was."
"Die algemeenste vraag is: Waarvandaan kry jy jou idees?" Die materiaal is oral om jou. Dit is daar vir die gebruik. Luister! Maak oop jou oë!"
- Bron: My Loopbaan

