


Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Bedryfsnuus
Rekordgetal joernaliste sterf in 2009
Vrydag, 18 Desember 2009
Die getal joernaliste wat vanjaar dood is, het 'n rekordgetal van 68 bereik.
Die skerp styging volg nadat 31 joernaliste in November tydens 'n massamoord in die Filippyne dood is, het 'n komitee vir die beskerming van joernaliste, CPJ, Donderdag gesê.
Twee-en-veertig joernaliste is in 2008 gedood.
Die vorige hartseer rekord is in 2007 opgestel toe die oorlog in Irak op sy ergste gewoed het. Sewe-en-sestig joernaliste het in dié jaar omgekom.
Irak was vir ses jaar lank die gevaarlikste land ter wêreld vir joernaliste gewees.
Somalië was die tweede dodelikste bestemming in 2009. Nege verslaggewers is dié jaar in dié Afrikaland doodgemaak.
- Bron: sapa/afp



