


Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Bedryfsnuus
Murdoch wil aanlynlesers laat betaal
Woensdag, 02 Desember 2009
Mediamaatskappye wat van plan is om in die digitale era te floreer, moet hulle verbruikers oorreed om vir aanlynnuus te betaal deur vir hulle aangrypende inligting aan te bied in enige vorm wat hulle dit wil hê, het die uitvoerende hoof en voorsitter van News Corp, Rupert Murdoch, gister gesê.
Murdoch, wat by 'n twee-dae lange werkswinkel, wat deur die Federale Handelskommissie oor die stand van joernalisme aangebied is, het gesê die toekoms is belowend vir uitgewers wat kan aanpas by die aanhoudende migrasie van gehore en adverteerders na die Web.
Die sleutel tot oorlewing, het hy gesê, lê daarin om vir die verbruikers inhoud wat hulle wil hê te gee in die vorm wat hulle dit wil hê - of dit nou op 'n rekenaarskerm, draagbare toestel of e-leser is - en om dan geld daarvoor te vra.
"Ons moet beter werk daarvan maak om verbruikers te oorreed dat hoë-gehalte, betroubare nuus en inligting nie gratis is nie," het Murdoch gesê. "Goeie joernalisme is 'n duur kommoditeit."
News Corp vra reeds geld vir aanlyntoegang tot die Wall Street Journal en beplan om dit na ander publikasies uit te brei. Ander adverteerders oorweeg dit ook om sulke fooie te hef aangesien die advertensie-inkomste misluk het om tred te hou met die afname van hulle drukweergawes.
Murdoch se opmerkings is deel van 'n wydverspreide bespreking oor die diepgaande uitdagings wat mediamaatskappye in die gesig staar en maniere hoe die regering hulle kan help om te oorleef.
Mediahoofde wat deelneem is op die uitkyk vir 'n nuwe besigheidsmodel, terwyl regeringsamptenare 'n onmisbare pilaar van die demokrasie - 'n vrye pers - wil beskerm.
"Nuus is openbare besitting," sê die Federale Handelskommissie se Voorsitter, Jon Leibowitz. "Ons moet gewillig wees om op te tree indien nodig om die nuus, wat onontbeerlik is vir demokrasie, te bewaar."
Die werkswinkel het sprekers van regoor die tradisionele en nuwe medialandskappe getrek, insluitende Arianna Huffington, mede-stigter en hoofredakteur van die Huffington Post webblad; Paul Steiger, voormalige besturende redakteur van die Wall Street Journal; en Len Dowie, voormalige uitvoerende redakteur van die Washington Post.
Een van die onderwerpe ter tafel was 'n voorgestelde verandering in anti-trust reëls om koerante toe te laat om gesamentlik te onderhandel vir betaling van webblaaie wat hulle inhoud gebruik.
Die fundamentele probleem wat die mediabedryf in die gesig staar, sê Murdoch, is dat "tegnologie dit goedkoop en maklik maak om nuus te versprei vir enige iemand met internettoegang, maar dat dit duur is om joernalisme te vervaardig.
"Tans is daar 'n groot gaping in koste," sê hy, en voeg by dat die oplossing is dat mediamaatskappye geld moet vra inhoud en samestellers moet verhoed "om te teer op die swaarverdiende pogings en belegging in ander."
Die Federale Handelskommissie beplan om meer werkswinkels te hou om die idees wat hierdie week geopper is, te bespreek.
- Bron: Sapa

