SA Vryskutskrywer

 

 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Bedryfsnuus

 

Staat kry eie koerant

2011-03-26 

Die regering gaan van volgende maand af sy eie koerant uitgee.

Mnr. Jimmy Manyi, omstrede regeringswoordvoerder, staan aan die stuur van dié projek.

Vuk’uzenzele sal aanvanklik maandeliks in ponieformaat verskyn, maar dit kan in ’n dagblad ontwikkel, het Manyi aan Rapport se susterkoerant, City Press, gesê.

Die redakteur is Tyrone Seale, voormalige Beeld-joernalis, en die koerant sal ’n oplaag van tot 2 miljoen eksemplare per uitgawe hê.

Manyi het gesê die regering sal sy verantwoordelikheid versaak as hy kommersiële koerante toelaat om te besluit watter inligting van die regering gepubliseer word.

“Niyasivusa ukuba sizenzele (letterlik: Julle laat ons wakker skrik om dinge vir onsself te doen),” het Manyi aan City Press gesê.

***

Die regering se tweemaandelikse tydskrif Vuk’uzenzele, wat van April af in ’n maandelikse koerant met dieselfde naam omskep word, gaan in al 11 amptelike tale verskyn en sal na verwagting teen Maart 2012 tweeweekliks verskyn.

Dit sal ’n oplaag van tot 2 miljoen eksemplare hê. Die redakteur is Tyrone Seale, oud-Beeld-joernalis en nou besturende redakteur van Vuk’uzenzele. Seale is ook hoofdirekteur: inhoud van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS).

“Die media sensureer baie van die regering se inligting,” het mnr. Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder en onder wie se leiding die koerant uitgegee sal word, aan Rapport gesê. “Niyasivusa ukuba sizenzele (Julle laat ons wakker skrik om dinge vir onsself te doen).”

Manyi het dié planne verlede week in die parlement bekend gemaak toe die GCIS sy strategie vir 2011 tot 2014 voorgelê het.

Die regering sal sy verantwoordelikheid versaak as hy die redakteurs van kommersiële koerante toelaat om te besluit watter inligting oor die regering gepubliseer word, sê Manyi.

Joernaliste kom glo na die regering se mediakonferensies waarop tien kwessies bespreek word, maar berig net oor een.

Die GCIS het ’n tender uitgereik vir die koerant, wat tussen 16 en 20 bladsye dik sal wees. Kenners in die bedryf meen dit kan die regering meer as R1 miljoen kos om een uitgawe te druk.

Dis ook moontlik dat Vuk’uzenzele ’n dagblad kan word, sê Manyi. Volgens hom sal die kommersiële media die regering rede gee om dit ’n dagblad te maak as hulle voortgaan om die regering se inligting te “sensureer”.

Vuk’uzenzele sal gratis wees. Manyi moet nog besluit oor advertensieverkope. Hy gee toe dat advertensies die druk op die belastingbetaler kan verlig, maar meen dit kan ook die koerant “oorlaai”.

Die bestaande koerante verteenwoordig nie die hele spektrum van menings in Suid-Afrika nie, meen prof. Jane Duncan van die Rhodes-universiteit, maar ’n regeringskoerant is nie ’n oplossing nie. Die regeringskoerant is gemik op die laer- tot middel-inkomstegroepe.

“Dalk kan ’n mens aflei die regering wil ’n koerant begin wat die kritiese stemme sal verdring,” meen Duncan.

- Bron: Rapport

 

Deel |

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Mediamekka                    Terug

Sluit venster