Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Skryfloopbane

 

Loopbane in die Skryfbedryf: Joernalis

Die Kaapstadse joernalis, Jacqui L'Ange was van plan om medisyne of genetiese ingenieurswese te studeer. Toe sy weens omstandighede tydelik na hierdie land gekom het, of so het sy gedink, het sy BA begin studeer om die tyd om te kry. "Dit was toe dat ek ontdek het dat ek meer lief is vir skryf as iets anders. Ek het werk in advertensies gekry sodat ek my studie lening kon terug betaal, en sedertdien werk ek nog steeds met woorde."

Jacqui is 'n selfstandige skrywer wat tans ook die boeke en film redakteur vir Psychologies Magazine is. Sy het ook al vir O Magazine, die Cape Times en talle ander publikasies geskryf.

Wesenlik

Verslaggewers, ook as skrywers, joernaliste, fotojoernaliste en redakteurs (bv. boekredakteur of sportredakteur) bekend, werk vir publikasies en organisasies so wisselend soos plaaslike gemeenskaps koerante, hoof dagblaaie, internasionale tydskrifte, in-huis publikasies, radio, TV en regering kommunikasie departemente. Nuwe gegradueerdes verdien ongeveer R5000 maandeliks.

Werksbeskrywing

Verslaggewers skryf oor gebeure volgens redaksionele spesifikasies, soos lengte en styl, en besorg die kopie teen spertyd vir publikasie.

"As vryskutjoernalis skryf ek my eie werksbeskrywing, en balanseer 'n verskeidenheid balle om my huur te betaal. Ek moet 'n paar glanspunte vir tydskrifte waarvoor ek opdrag ontvang het, balanseer, ek het 'n stapel boeke om te lees en daaroor verslag te gee, die boek in wording wat ek vir die uitgewers moet redigeer, en 'n film draaiboek, of 'n idee vir een, en almal is gelyktydig aan die gang."

Vereiste studies en ondervinding

"Jy kan joernalistiek by vele Suid Afrikaanse universiteite studeer (Rhodes is 'n goeie een), maar 'n basiese graad stel jou goed op as skrywer. Baie van ons grootste joernaliste van die vorige geslag het geen universiteitsgraad gehad nie. Hulle het deur die kadetskool gegaan en geleer terwyl hulle werk. Indien jy 'n algemene liberale kunsgraad neem, kan jy Engels studeer sodat jy 'n oog vir fynproewer skryf ontwikkel. Ek het my skryfvaardighede in die advertensiewêreld geslyp, daarna in tydskrifte, en later in multimedia an films. Nou werk ek in 'n verskeidenheid van media, en het nou ook in boekjoernalisme gespesialiseer. Dis 'n breë mengsel, maar dit alles dra by tot die skepping van stories en om met woorde te speel."

Tipe persoonlikheid

Joernaliste benodig goeie tyd en inligting bestuur, 'n kop vir name, die begeerte om oplettend vir detail te wees, en 'n gulsige eetlus vir stories. "Indien jy van nature nuuskierig is, oor die vermoë beskik om moeilike vrae te stel en nie bang is om te ondersoek nie, kan hierdie die loopbaan vir jou wees. Sloerdery is 'n skrywer se grootste vyand. Jy moet volgens spertye kan werk. Baie skrywers wag tot op die laaste nippertjie om die adrenalien te laat vloei en hulle kopie betyds in te kry.

'n Gemiddelde dag

"Dit is malligheid!! As vryskutskrywer moet jy tred hou met die nuus om nuwe storie idees te genereer. Jy doen ook jou eie administrasiewerk, maak gereelde kontak met mense wat jy in koerante of tydskrifte sien, en stel nogtans 'n paar stil ononderbroke ure opsy om te skryf."

Beste deel van die werk

Jacqui is lief vir die vryheid om oor die dinge te leer wat haar die meeste interesseer. "Ek het die vermoë om te werk waar ek ookal mag wees en wanneer ek kan. Indien jy aan werk verslaaf is, kan die nadelig wees. Ek kry geleenthede om na interessante plekke te reis, en dan bring ek stories terug en dek ek my reiskoste soheentoe op daardie manier. Ek het oor reise na laos, madagaskar, Tunisië en Zanzibar geskryf."

Ergste deel van die werk

"Spertye. En ongelukkig betaal mense nie goed vir goeie joernalistiek nie. My vader was 'n loopbaanjoernalis wat my gewaarsku het om van joernalistiek weg te bly, en dis die rede waarom ek met so 'n groot ompad gekom het om daar te kom. Hy was reg. Maar as skryf in jou bloed is..."

Indien jy oor hierdie loopbaan dink, is Jacqui se raad: "Lees, lees lees! Indien jy nie met 'n obsessie lees nie, moet dan nie eers aan skryf begin dink nie. Wanneer jy eers die beginsels bemeester het, kan jy dan oor 'n spesialisasie begin dink wat jy sal geniet, soos wetenskaplike artikels, reis, sport of die kunste. 'n Gebied van spesialisasie maak jou nie net meer markwaardig nie, maar in hierdie dae van oorlaaide inligting, help dit jou om deur die opeenhoping te sny om 'n meester op een gebied te word, eerder as 'n algemene skrywer. Jy sal egter nooit in hierdie werk verveeld raak nie."

- Bron: My Loopbaan

Nog joernalistieke beroepsinligting - klik hier of laai die pdf-dokument hier af.

 

Terug na vorige blad