


Welkom by SA Vryskutskrywer - Mediamekka - Skryfloopbane
Loopbane in die Skryfbedryf: Vertaler
As seun
wat in Kameroen opgegroei het, het Roland Ngam gesien hoe sy ooms vir die
Verenigde Volkere as tolke optree. "Ek wou hulle nastreef sodat ek ook vir die
Organisasie vir Afrika Eenheid of die VVO kon werk." Hy het altyd in tale belang
gestel en het 'n taal praktisering skool bygewoon waar jy volgens die leerkrag
se eerste- of moedertaal geleer was. "As jou Aardrykskunde onderwyser Frans
gepraat het, het jy hierdie vak in Frans geleer. As die Wiskunde onderwyser
Engelssprekend was, het jy die vak in Engels geleer."
Roland praat Engels, Frans en Portugees, en spesialiseer daarin om Frans na Engels oor te vertaal, asook te tolk. Hy werk as vryskut vir die Franse Ambassade waar hy dokumente vertaal, en wanneer nodig, as tolk optree.
Wesenlik
Vertalers en tolke word wêreldwyd deur regerings en nywerhede vir 'n verskeidenheid take gebruik, vanaf vertaling van dokumente en handleidings tot tolk in 'n hof, by konferensies en 'n reeks ander geleenthede.
'n Suid Afrikaanse hof tolk moet in minstens twee amptelike tale vlot wees, en verdien ongeveer R5000 per maand, met voordele, maar as vryskut het jy die potensiaal om meer te verdien, veral as jy in buitelandse tale bedrewe is. Indien jy 'n gereelde werker is wat deur 'n maatskappy of internasionale organisasie in diens geneem is, kan jy R300 000 of meer per jaar verdien.
Werksbeskrywing
Roland werk vir Spectrium as hoof van sy Tolk en Vertaal Afdeling. Deel van sy werk is die verantwoordelikheid om potensiale kliënte te werf. Hy kontak konferensie plekke, verkry lyste van voorgenome konferensies en kwoteer op hulle dienste. Tydens konferensies hou hy toesig oor tolke. Hy proeflees en vertaal dokumente op kantoor.
Vereiste studies en ondervinding
Op ingangsvlak is die minimum vereiste 'n diploma. 'n Graad in enige vak word aanbeveel, met nagraadse kwalifikasies in taal oefening en vertaling en tolk. Na kwalifikasie word dit van jou verwag om 'n lid van die Suid Afrikaanse Vertalers Instituut te word en vir akkreditasie aansoek te doen.
Tipe persoonlikheid
"Om 'n vertaler te word moet jy oor 'n goeie algemene kennis beskik," sê Roland. "Terminologie verander elke dag soos nuwe ontwikkelings in inligtings tegnologie en handel plaasvind. Dinge beweeg vinnig, selfs in die nie-regerings sektor. Jy moet na die radio luister, na TV kyk en koerante lees. Jy benodig 'n verhoogde vermoë om te luister en te konsentreer, omdat jy 'n bemiddelaar is, en tog het jy nie veel kontak met mense nie."
Opvolgende tolk is in 'n situasie met 'n afvaardiging. Hy of sy luister na iemand totdat die persoon klaar gepraat het alvorens jy dit aan die persoon wat aangespreek word, oordra. "Jy benodig mense vaardighede vir daardie soort werk."
'n Gemiddelde dag
"Wanneer jy werk, ontmoet jy staatshoofde en vertaal vir hulle, asook multinasionale uitvoerende beamptes en top persoonlikhede. Dit is interessante en opwindende werk." Roland beklemtoon die belangrikheid om voorbereid te wees alvorens jy die kraampie binnegaan.
"Die dag voor die opdrag gaan ek deur die name van die sprekers wat vir die konferensie gelys is, neem kennis van hulle onderwerpe en versamel terminologie wat op hulle gebied van kundigheid van toepassing is. Dit is noodsaaklik dat jy genoegsame rus kry, want jy benodig al jou konsentrasie. Jy kan nie bekostig om foute te begaan wanneer staatshoofde oor die toekoms van die wêreld peins nie!"
Die werk is só uitdagend dat mens dit slegs vir baie kort periodes op 'n slag kan doen. "Ons werk in pare in die vertaal kraampie," sê hy, "en ons werk in skofte van vyf tot tien minute op 'n keer. Jy brand van konsentrasie omdat jy vanaf die heel eerste sin wat jy hoor, begin tolk. Dit bring baie stres mee. Aan die einde van die dag gaan lê jy sommer vir ure en slaap."
Beste en ergste van hierdie werk
Die nadeel kom daarvan wanneer die werk nie goed verstaan word nie. "Sommige mense beskou dit as 'n baie maklike ding om te doen. Hulle onderskat en ondermyn die werk. Dit is frustrerend."
Die grootste plus vir Roland is dat hierdie werk aan sy behoefte voldoen om te weet wat in die wêreld aangaan. "Jy is daar waar nuus gemaak word."
- Bron: My Loopbaan



