Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Hierdie kursus is nommerpas vir jou as jy ...
nie seker is in watter genre jy die
lekkerste of graagste wil skryf nie; of
oortuig is daarvan dat jy 'n skrywer
wil wees, maar die regte leiding benodig; of sommer net vir die
lekker jou kreatiewe sy wil koester, oefen of ontwikkel om die beste
skrywer in jou klas te word.
Dié kursus is volgepak met lekkerte. Hoewel ons jou steeds die fynere kunsies in elke genre wys, lê die klem beslis daarop om jou skryfvermoë te slyp met BAIE praktiese skryfoefeninge. En om jou die skryfproses te laat geniet! Hierdie is dus 'n kursus waarin jy van begin tot einde JOU stories sal skryf.
Kyk dus na onderstaande inligting en besluit waarvoor jy lus is of kans sien. Maar laat ons net aan die gang kom met jou skryfwerk!
-
Module 1: Kortverhale
• Hoe en waar begin jy?
• Ontmoet jou karakters
• Praat met jou karakters
• Laat jou karakters lééf
• Skryf jou storie
• Wat gebeur volgende?
Module 2: Gedigte
• Hoe om 'n gedig te ontleed
• Hoe om ‘n gedig te skryf
• Woordgebruik
• Poësietegnieke: metrum, alliterasie, herhaling, stemming, humor, satire, retoriek, refrein, simboliek, digterlike vryheid, jambe, beeldgebruik, ironie, klank en betekenis
• Waar en hoe vind jy inspirasie en idees?
• Kompetisies en publikasiemoontlikhede
Module 3: Opstelle
• Hoe skryf jy ‘n A+-opstel?
• Argumenterende opstel; beredenerende opstel; beskrywende opstel; verhalende opstel
• Vyf paragrawe tot ‘n wen-opstel
• Formaat, taalgebruik, navorsing
Module 4: Joernalistiek
• Wat is joernalistiek en waarom moet jy ‘n joernalis wees?
• Die pen ís magtiger as die swaard
• Skryf ‘n rubriek
• Hoe om ‘n boekverslag te skryf
• Koerantberigte vir jou skoolkoerant
Volledige
studiepakket
-
• Omvattende kursusnotas (50 bladsye)
• 4 Praktiese skryfoefeninge (deur jou skryfinstrukteur nagesien)
• 1 kortverhaal, 1 gedig, 1 opstel, 1 joernalistieke artikel
• 'n Sertifikaat van Voltooiing
GRATIS Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes
-
Liefde vir skryf
-
Rekenaar, e-pos en internet
Minstens 55% per module
Skryf NOU in en ontvang jou
kursusmateriaal direk na betaling
![]() | ![]() |
|
|
|
Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis
skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig.