Welkom by SA Vryskutskrywer - Spesiale kursusse

 

Taalversorging saam met Jeanette

 

Jou persoonlike opleier:

 

Jeanette Ferreira

  

                   

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Jy is 'n redigeerder, vertaler, proefleser, taalliefhebber, skrywer, student, onderwyser, opleier ... iemand wat op 'n daaglikse basis met Afrikaans en ín Afrikaans werk.

Wat jy soek is 'n verfrissingskursus om jou net weer op 'n maklike en vinnige manier te help om jou eie taalversorgingsvermoëns af te stof en te poleer, en om enige grammatikale grammadoelas uit te roei voordat hulle permanent posvat.

Of, as jy 'n student is, soek jy iemand om jou te leer presies hóé jy jou werkopdragte, skripsies of verhandelinge moet skryf en jy wil veral hulp hê met die voetnotas, bronverwysings, indeksering, redigering en taalversorging wat jou al in die verlede 'n onderskeiding gekos het.

Kortom, maak nie saak wat jy skryf en waarom nie - jy is lief vir Afrikaans en wil probeer om die taal so suiwer en korrek moontlik te hou, sonder om 'n taalpuris te wees.

 

Kursusbesonderhede:

 

Hoe die kursus werk:

In hierdie kursus is die studiemateriaal die outeur se eie teks wat by registrasie verskaf moet word.

Jeanette redigeer met track changes (Microsoft Word®) en stuur dan twee (2) dokumente aan die outeur terug: een met track changes wat sigbaar is en een wat skoon is (d.w.s. die track changes is ingevoer, maar kan nie gesien word nie). Dit is die mees effektiewe manier om te leer waar jou probleme lê.

 

Jeanette wys in hierdie redigering ook die volgende uit:

 

Die resultaat is dus nie net ‘n geredigeerde teks nie maar ook meer kennis van taalaspekte wat jy kan opknap.

Dit sal ideaal wees as jy vertroud is met track changes op jou rekenaar maar as jy nie is nie, sal sy vir jou leiding daaroor gee.

 

Toelatingsvereistes:

 

Klik hier as jy nie 'n kursus wil volg nie, maar slegs wil hê Jeanette moet vir jou taalversorging doen.

 

Registreer NOU                                              

Skryfkursusse                               Sluit Venster