SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

As werkende proefleser is dit vir jou belangrik om op hoogte van die nuutste taaltendense te bly.

En ook om bykomende oefening te kry om hierdie tendense prakties te kan toepas.

Ons Opknappingsproefleeskursus is spesifiek vir jóú saamgestel. Eerstens verskaf ons 'n bietjie teorie om jou grammatikale vermoëns op te knap, en tweedens kry jy drie spesialistekste om te proeflees. Hierdie drie tekste is só gekies dat dit jou sommer in staat sal stel om selfs 'n dokter se voorskrif - wat gewoonlik onleesbaar geskryf is - te kan proeflees!

Maar onthou... proeflesers is die laaste skakel in die redigeringsproses wat beteken daar is nie ruimte vir foute nie. Die proefleser se bydrae is die laaste - dit moet PERFEK gedoen word. En om seker te maak ons stuur werklik gekwalifiseerde proeflesers in die bedryf, is hierdie kursus se slaagsyfer minstens 95%. Hou dus in gedagte dat jy vir elke werkstuk soveel moet behaal om die kursus te kan slaag.

Hoe lyk dit? Sien jy kans vir hierdie uitdaging?

Duur: 4 weke 

Modules: 1 module

Kursusfooi: R850

 

  • Waarvoor om te kyk wanneer jy proeflees

  • Konsekwente punktuasie

  • Styl - syfers, afkortings, werkwoorde, voornaamwoorde, ens.

  • Grammatikale wenke

  • Onfeilbare bronne

  • Die beste proefleeswenke ooit

 

 

Volledige studiepakket

    Omvattende studienotas (20 bladsye)

    • 2 Praktiese proefleesoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

    • Proefleeskontrolelys

    • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus en mits 'n minimum van 95% verwerf word

    • Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair  

    12 Maande premium-lidmaatskap van Vryskutnetwerk indien 95%-slaagsyfer behaal word 

 

Toelatingsvereistes

  • Bogemiddelde taal- en skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Tersiêre kwalifikasie verkieslik, maar nie noodwendig nie

 

Tyd benodig

Jy kan die kursus, wat oor 4 weke strek, algeheel teen jou eie pas aanpak, maar jy benodig minstens:

  • 5 ure vir leeswerk, en

  • 8 ure vir redigering, wat basies op sowat 2 ure per week neerkom.

 

 

Slaagvereistes

Minstens 95%

 


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

Wil jy slegs aan 'n paar redigeringsaspekte slyp en nie 'n volledige kursus doen nie? Ons het net die blitskursus om jou hiermee te help. Klik op die skakel om na ons BLITSKURSUS-blad herlei te word, en maak jou keuse.

Blitskursusse


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse