SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Hierdie kursus is nommerpas vir jou as jy ... 

  • nie seker is in watter genre jy die lekkerste of graagste wil skryf nie; of

  • oortuig is daarvan dat jy 'n skrywer wil wees, maar die regte leiding benodig; of sommer net vir die lekker jou kreatiewe sy wil koester, oefen of ontwikkel om die beste skrywer in jou klas te word.

Dié kursus is volgepak met lekkerte. Hoewel ons jou steeds die fynere kunsies in elke genre wys, lê die klem beslis daarop om jou skryfvermoë te slyp met BAIE praktiese skryfoefeninge. En om jou boonop die skryfproses te laat geniet! Hierdie is dus 'n kursus waarin jy van begin tot einde JOU stories sal skryf.

Kyk dus na onderstaande inligting en besluit waarvoor jy lus is of kans sien. Maar laat ons net aan die gang kom met jou skryfwerk!

Duur: 3 maande 

Modules: 3 modules

Kursusfooi: R1,500

Afbetalingsopsies

R750 X 2

R500 X 3

 

 

Module 1: Essays

  • Inleiding tot die narratiewe essay

  • Waaroor wil jy skryf?

  • Die rol van 'n joernaal

  • Tegnieke om te gebruik wanneer jy skryf

  • Struktuur, lengte en formaat

 

Module 2: Kortverhale

  • Kenmerke en vereistes van 'n kortverhaal

  • Karakterisering en karaktersketse

  • Die funksie van die verteller

  • Perspektief, dialoog en beskrywing

  • Plot en intrige

  • Skryf jou verhaal

 

Module 3: Poësie

  • Hoe om 'n gedig te ontleed

  • Woordgebruik

  • Poësietegnieke: metrum, alliterasie, herhaling, stemming, humor, satire, retoriek, refrein, simboliek, digterlike vryheid, jambe, beeldgebruik, ironie, argetipes, parodie, klank en betekenis

  • Waar en hoe vind jy inspirasie en idees?

  • Die poësiebedryf ontleed

  • Kopiereg

 

 

Volledige studiepakket

  • Omvattende kursusnotas (80 bladsye)

  • 3 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 1 kortverhaal, 1 gedig, 1 essay

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

• Stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

Marktedatabasisse vir kortverhale, artikels, essays en gedigte  

 

 

Toelatingsvereistes

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes

 

Minstens 65%


  

 

 

 

Skryf NOU in en ontvang jou kursusmateriaal direk na betaling

 

Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse