


Welkom by SA Vryskutskrywer - Opknappingskursusse
Met soveel mediamense wat deesdae weens afleggings in die vryskutpoel beland, is dit soms noodsaaklik om 'n verfrissingskursus of twee te volg om jou vaardighede op te knap sodat jy net daardie titseltjie meer mededingend in 'n uiters kompeterende mark kan word.
-
Gevorderde kursus in tydskrifjoernalistiek
Nadat
jy die basiese kursus in tydskrifjoernalistiek voltooi het, is die kans goed dat
jy dalk só begeesterd is dat jy reken jy wil 'n opvolgkursus doen - net om seker
te maak jy slaan die artikelredakteurs by al die tydskrifte se voete skoon onder
hulle uit. Ons gevorderde kursus in tydskrifjoernalistiek neem dít wat jy in die
basiese kursus geneem het net so 'n stappie verder - en sorg dat jy reeds 'n
skaflike portfolio het wanneer jy begin om jou artikels op jou eis te smous.
Hierdie kursus is eintlik ook onontbeerlik vir iemand wat homself pas in die
vryskutpoel bevind en nog nooit nodig gehad het om homself en sy stories te
verkoop nie.
Volledige kursusbesonderhede
-
Korrespondensie in die kantoor
Kennis van effektiewe korrespondensie via e-pos sowel as
slakkepos (gewone pos) is ’n móét in vandag se kitssamelewing. ’n E-posbrief wat
in die verkeerde hande beland of ’n brief wat nie duidelik uiteensit wat jy met
die skrywe daarvan wil oordra nie, kan jou besigheid ’n ernstige knou toedien.
Hierdie kursus is dus daarop gemik om e-posetiket in leketaal te verduidelik,
jou te help om ’n positiewe beeld van jouself en jou besigheid te vestig. Ons
leer jou hoe om te onderskei wanneer jy ’n formele brief moet stuur en wanneer
dit gepas is vir ’n informele een. As jy Afrikaans is, maar die meeste van jou
korrespondensie in Engels moet doen, sal jy baie baat vind by hierdie kursus.
Volledige kursusbesonderhede

