Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

                       

      

Volledige Tydskrifjoernalistieke kursus

 

Jou persoonlike opleier:

 

Leoni Benghiat

                  

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Dié tweeledige kursus is nommerpas vir diegene wat 'n vryskutloopbaan in tydskrifjoernalistiek wil volg.

Hierdie kursus sal jou bykans álles leer wat jy moet weet om artikels vir tydskrifte te kan skryf - en te verkoop.

Min dinge is so bevredigend soos om jou naam in druk te sien by 'n artikel wat jy met bloedsweet nagevors en geskryf het - en dan word jy boonop nog daarvoor betaal ook! Wat kan nou lekkerder wees?

Ons leer jou feitlik ALLES van tydskrifjoernalistiek. Na voltooiing van dié kursus sal jy in staat wees om op jou eie artikels vir bykans enige publikasies van jou keuse te skryf. En geld daarmee te verdien.

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 6 maande

  • Modules: 12 modules                            

  • Kursusfooi: R4,720

    Afbetalingsopsies R1,565 x 2 R1,045 x 3 R315 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

Deel 1 - Tydskrifjoernalistiek:

  • Verstaan waarom tydskrifjoernalistiek soveel van ander skryfgenres verskil

  • Weet wat jy nodig het om as vryskutjoernalis ‘n begin te maak

  • Leer hoe om tydskrifartikels volledig te ontleed

  • Vind meer uit omtrent die tydskrifbedryf self

  • Ontleed die beskikbare tydskrifmarkte

  • Onderskei tussen die verskillende tipes artikels wat in tydskrifte gevind word

  • Weet waar en hoe om trefferidees te vind

  • Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek

  • Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf

  • Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte

  • Vind meer uit rondom die opstelling en nakoming van kontrakte

  • Ken jou intellektuele regte

  • Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit

  • Leer onderhoudvoeringstegnieke

  • Kry betroubare inligtingsbronne

  • Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy

  • Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding tot ‘n artikel te skryf

  • Verstaan en identifiseer die hoofbestanddele wat ‘n artikel “lyf” gee

  • Gebruik die basiese storiestruktuur om jou artikel te beplan

  • Leer hoe om verskillende artikelformules te gebruik en wanneer

  • Identifiseer die formule wat op jou artikel van toepassing is

  • Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed

  • Ken die belangrikste grammatikale-, styl- en leestekenreëls

  • Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik

  • Leer waarom ‘n slot net so belangrik is as ‘n inleiding

  • Vind uit hoe om jou artikels op ‘n professionele wyse aan te bied

  • Belasting en betalings en wenke vir Jan Taks

  • Oorwin terugslae en skrywersblok

  • Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie

Deel 2 - Gevorderde tydskrifjoernalistiek:

  • Gevorderde skryfstyl

  • Werk volgens gegewe opdragte

  • Sperdatums

  • Moets en moenies van die bedryf

  • Samevatting van bedryf

 

Volledige kursussamestelling:

  • 2 Volledige studiepakkette met omvattende kursusnotas (370 bladsye)

  • 18 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 5 navraagbriewe

  • 5 vollengte persklaar artikels wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word

  • Gratis databasis: 101 Afrikaanse skryfmarkte

  • Gratis e-boek: Jou vryskutbesigheid om jou in staat te stel om 'n vryskutbesigheid op die been te bring

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang en kamera of selfoonkamera

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Terug 

Sluit venster