Welkom by SA Vryskutskrywer - Omvattende Niefiksie Skryfkursusse

 

Alles-in-EEN Joernalistieke Kursus                              

 

Jou persoonlike opleier:

 

 

Leoni Benghiat

   

                  

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Dié 4-in-1 joernalistieke kursus is 'n beslissende joernalistieke skryfkursus wat nommerpas is vir diegene wat onmiddellik na suksesvolle afhandeling daarvan 'n loopbaan in joernalistiek wil volg - verkieslik vryskut.

Wat jy in hierdie kursus sal leer sal jou toerus vir die moeilike, maar lonende en bevredigende wêreld van vryskutjoernalistiek.

 Ons leer jou feitlik ALLES - 'n deeglike beginnerskursus in koerantjoernalistiek, gevolg deur 'n omvattende basiese kursus in tydskrifjoernalistiek, daarna 'n gevorderde tydskrifjoernalistieke kursus en afgerond met een van die spesialiteitskursusse hieronder gelys (met ander woorde: ons bied jou 4 kursusse in 1).

Kortliks kom dit daarop neer dat jy - met die kennis, oefening en vernuf wat jy deur dié kursus sal opdoen - in staat behoort te wees om ná voltooiing daarvan dadelik jou eie vryskutbesigheid te kan begin.

So, as jy droom van 'n besigheid waar jy jou eie baas kan wees en jou eie reëls kan maak en as jy op spertye floreer  ... skryf in! Maar wees gewaarsku: hierdie is 'n intensiewe adrenaliengedrewe kursus met kort spertye.

 

Kursusbesonderhede:

                

Wat jy sal leer:

 

Volledige kursussamestelling:

 

Toelatingsvereistes:

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

                                    

         Afbetaling

Skryfkursusse                               Sluit Venster