Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

                       

      

Skryf 'n publiseerbare Niefiksieboek

 

Jou persoonlike opleier:

 

 

Ilse Ferreira

 

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Hoe lyk jou leesgewoontes?

Lees jy bra langtand aan 'n roman, maar verslind behoorlik 'n niefiksieboek?

Besit jy 'n voorliefde vir feite en 'n talent vir skryf? Dan is jy heel moontlik die tipe mens wat 'n niefiksieboek moet skryf. Dit kan enigiets wees ... van 'n geskiedkundige boek tot 'n biografie, familiegeskiedenis of 'n feitelike werk oor iets waarin jy belangstel.

Dit kan selfs 'n onbekende persoon se interessante lewensgeskiedenis wees.

Punt is net, as jy lus voel om 'n niefiksieboek te skryf, is hierdie kursus ideaal vir jou.

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 6 maande

  • Modules: 6 lesse                           

  • Kursusfooi: R4,995

    Afbetalingsopsies R2,498 x 2 R1,665 x 3 R500 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

  • Wat dit verg om ‘n niefiksie boek te skryf

  • Kies jou onderwerp

  • Kontak die uitgewer

  • Bronne, plagiaat

  • Onderhoude

  • Ondersteunende elemente, taalgebruik, leestekens

  • Berei die manuskrip voor

  • Die boek se struktuur

  • Die uitgewer: kontrak

  • Die publikasieproses

  • e-uitgewery, ODP (on demand publishing)

 

Volledige kursussamestelling:

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (65 bladsye)

  • Volledige riglyne wat jou in staat stel om aan die einde van die kursus 'n publiseerbare manuskrip te kan voorlê

  • 1 skryfoefening waaraan dwarsdeur die kursus gewerk word

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • Gratis databasis: Lys van uitgewers

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Selfstudie 

Sluit venster