


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Omvattende Joernalistieke skryfkursusse
SA Vryskutskrywer bied heel moontlik die mees omvattende joernalistieke kursusse op die mark aan. Met enige van dié drie kursusse agter jou naam kan jy dadelik vir jouself begin werk genereer as vryskutjoernalis.
Alles-in-Een Joernalistieke Skryfkursus
Anders
kan jy vir die mees volledige joernalistieke kursus op die mark inskryf om jou
droom van voltyds vryskutskryf vlerke te gee. SA Vryskutskrywer se omvattende
joernalistieke kursus sal jou toerus om tydskrifartikels en nuusberigte vinnig,
maklik en sonder té veel stres gepubliseer te kry. Ons omvattende joernalistieke
kursus is spesifiek ontwerp om jou ALLES oor vryskutjoernalistiek te leer wat jy
gaan benodig om self die mark te betree - van die basiese begrippe van tydskrif-
en koerantjoernalistiek tot die gevorderde aspekte en gespesialiseerde afdelings
van jou keuse.
Volledige
inligting
Volledige Tydskrifjoernalistieke Skryfkursus
As
jy voel jou nering lê by tydskrifte, kan jy met dié uitgebreide kursus jou
artikelskryfvermoëns vervolmaak. Ons leer jou alles wat met
tydskrifjoernalistiek te doen het - vanaf hoe en waar om 'n idee te kry, tot hoe
om dit te skryf en te verkoop. Behalwe dat dié omvattende kursus geweldig
interessant en leersaam is, sal dit jou ook op die pad kry om jou eie besigheid
te begin.
Volledige inligting
Volledige Fotojoernalistieke kursus
Fotojoernalistiek is een van
joernalistiek se mees veelsydige genres. Aan die een kant is jy 'n skrywer
terwyl jy sommer terselfdertyd fotograaf ook is. Dit beteken dat jy nooit sonder
werk hoef te sit nie omdat daar nooit - selfs in hierdie digitale eeu - 'n
afname in die aanvraag na stories en foto's sal wees nie. Bemeester hierdie
fotojoernalistieke kursus en jy het lewenslank werk.
Volledige kursusbesonderhede
Omvattende Joernalistieke Skryfkursus
'n
3-in-1 joernalistieke kursus wat nommerpas is vir diegene wat onmiddellik na die
suksesvolle afhandeling daarvan 'n loopbaan in joernalistiek wil volg -
verkieslik vryskut. Wat jy in hierdie kursus sal leer sal jou toerus vir die
moeilike, maar lonende wêreld van vryskutjoernalistiek.
Volledige inligting

Jou
vryskut-besigheid