


Welkom by SA Vryskutskrywer - Kreatiewe Skryfkursusse
Skryf 'n TREFFERROMAN
saam met Helene de Kock

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Is jy lief daarvoor om te skryf?
Het jy die ideale tema vir 'n trefferboek?
Sien jy al jare lank in jou geestesoog hoe jou debuutroman op Exclusive Books se topverkoperlys pryk en elke Kerskous in die land laat bult?
Het jy dalk al begin om jou boek te skryf, maar jou (1) selfvertroue het jou in die steek gelaat; of (2) nadat jy die eerste paar bladsye van jou roman geskryf het, het jy nie geweet hoe jy moet verder nie; of (3) jy maak jouself wys jy het nie talent nie; of (4) iemand vir wie jy jou boek-in-wording gewys het, het gesê dis swak en nou het jy nie die moed om verder te probeer nie. Kortom, soek jy iemand wat jou kan help om daardie boekdroom 'n werklikheid te maak?
Met minstens 40 topverkoperboeke op haar kerfstok is daar min ander skrywers wat meer gekwalifiseerd is om jou te help om jou trefferromandroom te verwesenlik as Helene. Jarelange kennis en ondervinding, sowel as navorsing en akademiese weet-hoe, stel haar in staat om jou stap-vir-stap te lei om jou storie te begin ... en klaar te maak.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 3 maande
-
Modules: 2 lesse
-
Kursusfooi: R5 995.00 (Kwalifiseer vir tweeledige betalingsopsie)
Wat jy sal leer:
-
Wat is fiksie?
-
Wat is skryftalent?
-
Wat gaan skryf en publikasie van jou verg?
-
Die skryfproses en skeppingselemente
-
Die skryffases
-
Die roman
-
Wat is ‘n sinopsis?
-
Wat is ‘n storielyn?
-
Wat is ‘n ontspanningsroman?
-
Die skryf van die begin van ‘n roman
-
Die skep en voorstelling van karakters
-
Die uitbeelding van ruimte
-
Plot (struktuur en storielyn)
-
Behou die spanningslyn
-
Die verskil tussen vertelling (beskrywing) en beelding
-
Die gebruik van dialoog
-
Dialoog het sekere definitiewe funksies
-
Liefdestonele
-
Werklikheidsfiksie
-
Die oordrag van emosie in ‘n roman
-
Algemene wenke by die skryf van ‘n roman
-
Oor skrywerskap
© Helene de Kock - Oktober 2009. Alle regte voorbehou
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (60 bladsye)
-
Die volledige eerste 2 hoofstukke van jou roman
-
'n Volledige sinopsis vir die res van jou roman wat jou in staat sal stel om die roman te voltooi
-
Databasis van uitgewers
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Bogemiddelde skryfvaardighede
-
Die BEGIN van die eerste hoofstuk van jou voorgenome trefferroman (lengte sowat 600 tot 800 woorde)
-
'n Kort SINOPSIS (opsomming) van die res van die verhaal waarin jou begrip van struktuur en karakterontwikkeling getoon word (± 300 woorde)
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%



