Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

                       

      

Skryf 'n LIEFDESroman

     

saam met Helene de Kock

 

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Jy is 'n romantiese siel en hou daarvan as 'n storie 'n bevredigende einde het.

Jy voel goed wanneer die man en vrou in 'n boek of fliek mekaar uiteindelik vind en daar hoop vir ‘n toekoms is.

Jy soek iets meer as net romanse in ‘n liefdesverhaal.

Jy soek die werklikheid wat op ‘n mooi, maar stewige manier hanteer word. Want ‘n liefdesverhaal hanteer die werklikheid. Dit ignoreer nooit die eise van die lewe nie.

Jy wil graag ‘n sterk liefdesverhaal skryf waar karakterisering en die uitbeelding van ruimte geloofwaardig en helder gedoen word.

Jy is realisties maar ook idealisties.

Is dit 'n raak beskrywing van jou? Dan is hierdie die kursus vir jou. Wie weet? As jy onder die persoonlike leiding van een van Afrikaans se mees suksesvolle romanskrywers jou liefdesverhaal kan skryf, lê die wêreld - en die res van jou lewe - oop voor jou.

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 9 maande

  • Modules: 2 lesse                           

  • Kursusfooi: R5,595

    Afbetalingsopsies R2,998 x 2 R2,000 x 3 R600 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

  • Wat is fiksie?

  • Wat presies is skryftalent?

  • Wat gaan skryf en publikasie van jou verg?

  • Die skryfproses en skeppingselemente

  • Die skryffases

  • Die liefdesroman

  • Wat is ‘n sinopsis?

  • Wat is ‘n storielyn?

  • Wat is ‘n ontspanningsroman?

  • Die skryf van die begin van ‘n liefdesroman

  • ‘n Titel

  • Die skep en voorstelling van karakters

  • Die uitbeelding van ruimte

  • Plot (struktuur en storielyn)

  • Behou die spanningslyn

  • Die verskil tussen vertelling (beskrywing) en beelding

  • Die gebruik van dialoog

  • Dialoog het sekere definitiewe funksies

  • Liefdestonele

  • Werklikheidsfiksie

  • Die oordrag van emosie in ‘n roman

  • Algemene wenke by die skryf van ‘n roman

  • Oor skrywerskap 

 © Oktober 2009, Helene de Kock. Alle regte voorbehou

 

Volledige kursussamestelling:

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (60 bladsye)

  • Die volledige eerste 2 hoofstukke van jou roman

  • 'n Volledige sinopsis vir die res van jou roman wat jou in staat sal stel om die roman te voltooi

  • Gratis databasis: Lys van uitgewers

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Die BEGIN van die eerste hoofstuk van jou voorgenome geestelike roman (lengte sowat 600 tot 800 woorde)

  • 'n Kort SINOPSIS (opsomming)  van die res van die verhaal waarin jou begrip van struktuur en karakterontwikkeling getoon word (± 300 woorde)

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Selfstudie 

Sluit venster