Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

                       

      

Skryf 'n GEESTELIKE roman

     

saam met Helene de Kock

 

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

As jy graag 'n roman wil skryf, maar nie belangstel in die gewone alledaagse temas nie én boonop begeer dat jou roman 'n rol kan speel om die wêreld dalk 'n beter plek te maak, is dié geestelike romankursus nommerpas vir jou.

Waar anders kan jy met die persoonlike hulp van een van Afrikaans se voorste geestelike skrywers jou droomroman van die begin af ontwikkel?

Helene se persoonlike leiding is dalk net wat jy benodig om daardie ontwykende storie-idee waarmee jy al jare lank rondloop, in boekvorm om te sit.

En onthou, na afloop van die kursus het jy steeds die kursusnotas waarna jy altyd kan verwys ... selfs met die skryf van jou VOLGENDE geestelike roman.

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 9 maande

  • Modules: 2 lesse                           

  • Kursusfooi: R5,595

    Afbetalingsopsies R2,998 x 2 R2,000 x 3 R600 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

  • Wat ‘n geestelike roman NIE is nie

  • Wat die aard van ‘n geestelike, Christelike roman wél is

  • Skryf as oortuigde Christen – of glad nie

  • Die gebruik van kommentare

  • Die estetiese eis

  • Die integrering van jou lewensiening in ‘n roman

  • Wat is fiksie?

  • Wat presies is skryftalent?

  • Wat gaan skryf en publikasie van jou verg?

  • Die skryfproses en skeppingselemente

  • Die skryffases

  • Hantering van liefde en passie in ‘n geestelike roman

  • Wat is ‘n sinopsis?

  • Wat is ‘n storielyn?

  • Wat is ‘n ontspanningsroman?

  • Die skryf van die begin van ‘n geestelike  roman

  • ‘n Titel

  • Skep en voorstelling van karakters

  • Uitbeelding van ruimte

  • Plot  (Struktuur en storielyn)

  • Behou die spanningslyn

  • Verskil tussen vertelling (beskrywing) en beelding

  • Gebruik van dialoog en sekere definitiewe funksies

  • Liefdestonele

  • Werklikheidsfiksie

  • Oordrag van emosie in ‘n roman

  • Algemene wenke by die skryf van ‘n roman

  • Oor skrywerskap

 © Oktober 2009, Helene de Kock. Alle regte voorbehou

 

Volledige kursussamestelling:

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (100 bladsye)

  • Die volledige eerste 2 hoofstukke van jou roman

  • 'n Volledige sinopsis vir die res van jou roman wat jou in staat sal stel om die roman te voltooi

  • Gratis databasis: Lys van uitgewers

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Die BEGIN van die eerste hoofstuk van jou voorgenome geestelike roman (lengte sowat 600 tot 800 woorde)

  • 'n Kort SINOPSIS (opsomming)  van die res van die verhaal waarin jou begrip van struktuur en karakterontwikkeling getoon word (± 300 woorde)

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Selfstudie 

Sluit venster