Welkom by SA Vryskutskrywer - Omvattende Kreatiewe Skryfkursusse

 

Skryf 'n Roman

Droom jy daarvan om 'n roman te skryf? Of het jy dalk al begin, maar jou kreatiewe selfvertroue het jou in die steek gelaat en jy kan nie verder vorder nie? Hier is die antwoord waarop jy gehoop het ...

SA Vryskutskrywer het eksklusief die dienste van twee van die land se voorste romanskrywers bekom om studente te help om daardie ontwykende roman te begin en kláár te skryf - Helene de Kock en Jeanette Ferreira. Hulle staan gereed om jou met hul uitgebreide kennis en ervaring te help om jou skryfdoom te verwesenlik.

Nie alleen is beide dié skrywers deeglik toegerus om jou met die mees basiese en praktiese elemente van romanskryf te help nie, maar omdat albei ook akademiese uitblinkers is, weet hulle presies hóé om jou aan die skryf te kry.

Helene het 'n meestersgraad in Afrikaans en Nederlands met die klem op Skryfkuns en Jeanette 'n doktorsgraad in Afrikaanse letterkunde. Wat meer het 'n aspirant- romanskrywer nodig om aan die gang te kom?

Met omvattende korrespondensiekursusmateriaal wat die twee skrywers spesiaal vir SA Vryskutskrywer se studente ontwikkel het, sal Helene en Jeanette jou op 'n persoonlike basis lei om jou boekdrome vlerke te gee.

So, waarom twyfel jy nog? Skryf sommer vandag nog in en stap die romanpaadjie saam met die immergroen Helene de Kock of die avontuurlustige Jeanette Ferreira.                           

                        

 

klik hier vir           Helene de Kock se ROMANskryfkursusse

 

 

                                                             

      klik hier vir      Jeanette Ferreira se ROMANskryfkursusse

                                                    

                                                             

 

 

Skryfkursusse                               Sluit Venster